Spoorelemente

← Terug na indeks
  • Skaapboerdery in die Duineveld

    Ek stel belang om ‘n plaas te koop in die Blombosomgewing naby Stilbaai. Die omgewing is met natuurlike fynbos begroei en is natuurlik sand/duineveld waarop baie dekriet groei. Ek wil graag skaap aanhou en op die oomblik is daar 100 skaap (wat byvoeding van mielies en sjokolade kry) op die plaas, maar nie genoeg om dit lewensvatbaar te maak nie. Daar is ongeveer 360 hektaar wat bewei kan word en daar is gras tussen die riet en fynbos wat die…
    • Diere het krake in hulle kloue

      Ek boer in ‘n sanderige area en sukkel baie met krake in die diere se kloue. Wat kan ek doen om dit te voorkom? Speel voeding ‘n rol of is dit die sandveld? Somtyds word die bulle kruppel daarvan.
      • Skape en bokke kou aan drade

        Ek let op dat my skaap en bokke aan die draad kou as ek hul in bring kraal toe. Waaraan het hulle 'n tekort en waarmee vul ek dit aan? Ek boer in die Karoo, tussen De Aar en Strydenburg.
        • Lammers se voorbene swig onder hulle

          Ons het Dorpers wat nou al ‘n paar agtermekaar siek geword het en vrek. Dit is meestal die kleintjies van so bykans ‘n jaar. Hulle wei op kweek wat ek begin het om te besproei en daar is groen grassies wat uitkom. Kan hulle daarvan siek word? Hulle word pap, die voorbeentjies swig en kan hulle nie hou nie en hulle gaan lê en vrek.
          • Ontleding van drinkwater en minerale status van diere

            Ek het boorgatwater vir veesuipings laat ontleed. 'n Spesifieke boorgat se water bevat onder meer 140 mg/l kalsium, 146 mg/l magnesium, 1629 mg/l natrium, 799 mg/l swael. Die chloriede is 949 mg/l en die sulfate 2 129 mg/l. Het u enige advies i.t.v. wysigings in die standaardresepte van byvoeding of lekke om dit te help korrigeer en of dit enigsins nodig is? Dankie. Johannes van der Westhuizen, Prieska-distrik
            • Verhoog wins van skaapboerdery

              Hoe kan wins uit skaapboerdery verhoog word sonder om nog grond by te koop?
              • Spoorelementbenodigdhede van skape

                Wat is die spoorelementbenodigdhede van skape?
                • Skape met lang onderbekke

                  Van tyd tot tyd kry ek dit dat van my ramme wat ek in die stal het en lank voer vir skoue en veilings begin om oor te byt (lang onderbek). Ramme kry volvoer met tef ad lib. 1.Wat veroorsaak dit? 2.Hoe kan dit voorkom word? 3.Kan dit herstel as ram op weiding loop? 4.Is die probleem oorerflik?
                  • Kombinasie van Multimin Se plus Vitamien ADE

                    Spuit jy Multimin Se en Vitamien ADE in kombinasie? Moet dit altyd geskied, nooit of net onder sekere omstandighede vir beeste, skape en bokke?
                    • Behandeling en voorkoming van ‘n kopertekort in skape

                      Ons het reeds omtrent 12% vrektes onder lammers van gemiddeld 3,5 maande oud. Kopertekort is reeds deur ‘n laboratorium bevestig. Ons wil graag hoor wat u voorstel - hoe ons die diere moet behandel om verdere vrektes te beperk en wat ons in die toekoms moet doen om dit te verhoed (deur bv. ooie 6 weke voor lamtyd te behandel)? Ons bly in Sentraal-Vrystaat wat nie bekend is vir kopertekorte in weidings nie. U hulp sal opreg waardeer word. Dankie.