Ruvoer

← Terug na indeks
  • Onsmaaklike ruvoer

    ‘n Kleinskaalboer het 22 Dohne Merino ooie wat besig is om te lam en een ram op sy plaas. Hulle het ‘n ernstige probleem met haarwurm, maar ook met voeding. Die gras is of te kort (ou geploegde lande) of te lank om te vreet. Die eienaar het bale tef en lusernhooi, maar die skape eet nie baie van die hooi nie. Die hooi word in die vorm van bale gevoer. Wat kan ek doen om voerinname te stimuleer?
    • Droogtevoeding sonder ruvoer vir skape

      Ek boer met Dorpers. Die weiding is klaar en die boere rondom my het ook nie meer gras nie. Wat sal gebeur as ek slegs kragvoer gee, bv. mielies en Maxiwol of mielies gemeng met SS200, maar daar is geen ruvoer vir die skape om te vreet nie.
      • Ammonifisering van ruvoer

        Kan dr. Jasper vir my sê of die ammonifisering van ruvoer (koringstrooi) die moeite werd is vir skaap en bees in die lig daarvan dat dit in die Wes-Kaap feitlik die volopste vorm van ruvoer is. Hawerhooi en lusern is nie altyd geredelik beskikbaar nie en moet dikwels oor groter afstande vervoer word. Baie dankie. Butch