-
Wat moet ek doen om van my skaapboerdery ‘n sukses te maak?
-
Ek het 'n Boerbokram wat ek op kraal hou om die ooie in die aand te dek. Ek voer hom lusernblokkies en vars lusern, maar hy is besig om kondisie te verloor en stel nie meer so baie belang in die ooitjies nie. Wil weet watter spesifieke voer moet ek vir hom gee en of daar enige ander byvoeding is wat gegee moet word.
-
Wat is 'n goeie aanvullingsrantsoen vir vleisskape in die Vrystaat gedurende winter- en somermaande vir ooie met lammers, droë ooie, ramme en speenlammers?
-
Hoe kan wins uit skaapboerdery verhoog word sonder om nog grond by te koop?
-
Ek het my Dorperramme en Simbrabulle, almal stoet, onlangs met 'n korrel wat ek aankoop begin afrond. Die korrels bestaan uit 70 % lusern 15 % mielies en 15 % kuilvoer. Is dié pille volledig genoeg om die diere mee af te rond? Indien nie, wat kan ek byvoeg?
-
Kan teelramme die lampersentasie in ’n kudde verhoog?
-
Kan ek die mielies in 'n volvoerrantsoen vir stoetramme met hominy chop vervang?
-
Ek wil asb. 'n rantsoen hê om ramme (Dorper) af te rond vir skou of veiling. Het beskikbaar koring, hawer, mielies en lusern.