Oumansoutbos

← Terug na indeks
  • Oumansoutbosaanplantings

    Ek wil graag meer uitvind oor die aanplant van soutbos. Hoe gaan mens te werk en watter voordele hou dit in vir skape?
    • Oumansoutbos

      Ek oorweeg dit om Oumansoutbos onder permanente sprinkel-besproeiing te sit vir oorbruggings-voeding doeleindes. Is daar miskien enige boere wat dit al gedoen het en my van raad of inligting kan voorsien? Alle kommentaar sal verwelkom word. Kobus Vos. Adres: Bus 56 Carnarvon 8925
      • Oumansoutbos as ruvoer

        Hier in die Karoo het ons aanhoudend droogte en is daar nie genoeg water om lusern aan te plant nie. Sal dit moontlik wees om lammers af te rond met u kragvoermengsel deur oumansoutbos as die ruvoerkomponent in die rantsoen te gebruik? As ek bv. klein kampies vol soutbos gebruik en dan die kragvoer daarby voer. Die lammers moet natuurlik reeds die soutbos vreet voordat begin word met die afronding. Wat is u opinie?