Ooie

← Terug na indeks
  • Boerbokooie gooi lammers weg

    Ek boer al ongeveer 5 jaar met boerbokke. Die eerste 3 jaar het dit baie goed gegaan, maar ek sukkel van laas jaar af met ooie wat swak lammers gee en hul lammers weggooi. Selfs die sterk lammers word weggegooi. Na 2 weke in die lammerhok waar ons 4 tot 5 keer per dag die ooi vasmaak sodat lammers kan drink, wil hul nog steeds nie die lam vat nie. Ooie is in baie goeie kondisie, ek voer tef, armanslusern…
    • Hoeveelheid lusern en gras wat Dorperooie vreet

      Hoeveel Dorperooie kan ek met 1 baal lusern wat ±26kg weeg, voer per dag? Dit is ou ooie wat ek net bietjie wil vet maak en verkoop. Hoeveel kilogram gras vreet 'n Dorperskaap per dag?
      • Mielies en sojabone as prikkel- en onderhoudsvoeding vir skape

        Ek wil graag uitvind of 2/3 mielies en 1/3 sojabone ‘n voldoende prikkelvoer vir ooie is en as onderhoudsvoer gebruik kan word? Is daar enige risiko daaraan verbonde?
        • Grondboonreste vir laatdragtige en lakterende ooie

          Is dit veilig om laatdragtige ooie en dié met lammers grondboonreste te voer? Hulle staan op kraal en kry meestal net dit en ‘n bietjie lusern?
          • Laktasierantsoen vir ooie

            Ek wil graag my SAVM ooie op volvoer sit vandat hulle gelam het tot op 60dae. Is daar ‘n mengsel wat goed werk en hoeveel gaan hulle moet inkry ?
            • Voermengsel vir ooie tydens dragtigheid en laktasie

              Ek het die volgende mengsel aangemaak en voer elke dag omtrent 300g per skaap. Molatek Meester 20 (200kg), mieliemeel (150kg), Molatek Bypass (50kg) en Sout (50kg) My vraag is of die byvoeding reg deur die jaar gegee moet word en indien nie, watter aanpassings gemaak moet word. Ek gee ook elke dag soetgras saam met die byvoeding. Ek wil ook weet of ek te alle tye water in die skaaphok moet hou as ek hulle in die aande voer. Hulle…
              • Weimielies vir 300 ooie

                Ek het Smutsvingerlande vir die somermaande, maar ek wil 'n stukkie mielies plant so 10ha wat ek as staande hooi wil los vir die winter. Dit is vir sowat 300 ooie. Kan dit werk?
                • Grootuierooie op mieliereste

                  Kan ek ooie 6 na 8 weke voor lam op mieliereste sit en is daar enige gevare wanneer die ooie lam (te groot lammers, dikkoplammers, ens.)?
                  • Hoogs suksesvolle skaapboerdery

                    Wat moet ek doen om van my skaapboerdery ‘n sukses te maak?
                    • Voeding van lammerooie

                      Ek lees baie van die vrae oor voeding asook na u raad wat u gee. As nuweling in die skaapbedryf sukkel ek nog om die kloutjie by die oor te kry. Ek wil graag u raad hê hoe om geelmieliekopmeel optimaal te gebruik as voeding vir my skape. Ek het 80 ooie wat nou gelam het. Lammers is van een dag tot een maand oud. Ek het ook lusern tot my beskikking wat ek ad lib. voer. Mieliekopmeel sal binne…