Mielies

← Terug na indeks
  • Kuilvoer as voeding vir ooie

    Hoeveel hektaar mielies het 'n mens ongeveer nodig vir 30 ooie vir 'n jaar as mens daarvan kuilvoer maak? Is kuilvoer alleen voldoende of moet ek iets byvoeg? Ek is van Sentraal-Vrystaat in die Theunissen-distrik.
    • Alternatiewe energiebronne in die plek van mielies

      Met die mielieprys wat die hoogte inskiet, watter alternatiewe energiebronne kan aangewend word vir dierevoeding (afrond van lammers/ou ooie en aanvullende byvoeding vir lammer-ooie). Dankie. Phillip
      • Deurpersmasjien vir mieliepitte en sojabone

        : Ek oorweeg dit om 'n deurpersmasjien (Bronto E 500 Deurpersmasjien) te koop wat mieliepitte of sojabone teen 130 °C kan deurpers om sodoende te poog om beter voedingsopname deur die dier te verseker. As mens tog heel mielies of selfs gemaalde mielies aan skape of beeste voer, sien mens na die tyd baie kos in die diere se mis. Ek verstaan van die verskaffers dat opname deur die diere 50 % beter kan wees. Ek oorweeg dit om lammers…
        • Mielies met hominy chop vervang in ‘n volvoerrantsoen vir ramme

          Kan ek die mielies in 'n volvoerrantsoen vir stoetramme met hominy chop vervang?
          • Hoe vergelyk mieliemeel met chop in ‘n mengsel?

            Ek laat meng nou al ‘n lang tyd al lek vir my skape wat ek baie sukses mee het. Onlangs toe ek weer wou laat meng het hulle nie mieliemeel beskikbaar nie en beveel aan dat ek chop in die mieliemeel se plek gebruik. Watter verskil sal dit maak in die voedingswaarde van die mengsel? Die resep wat ek gebruik is: 700Kg Mieliemeel, 200KG SS200, 50kg HPK & 40Kg Molasse.
            • Skape en beeste op mieliereste

              Ek wil graag weet hoe lank ek beeste en speenkalwers op mieliereste op die land kan laat loop en hoe goed die voedingswaarde daarvan is?