Maxiwol

← Terug na indeks
  • Maxiwol saam met groenvoer

    Ek het n Bioboost-groenvoerkas waar ek gars gebruik as groenvoer. Is dit die beste of kan ek mielies bysit? Ek kerf dit saam met droë lusern. Kan ek dan veekos lammerooipille bysit vir deurvloei protein of Voermol Maxiwol pille. Ek wil die lammers sterk maak voor hulle uitgesit word in die veld. Elke ooi is in ‘n enkel hok en die voer kan presies gevoer word. Die koste moet ook in ag geneem word.
    • Wat is die verskil tussen maxiwol en maxiblok?

      Wat is die verskil van maxiwol konsentraat 'n maxiblok en maxiwol pille asb. baie dankie.
      • Onsmaaklikheid van Maxiwol voerkorrels

        Ek het 'n maand gelede vir my boerbokooie begin Maxiwolkorrels voer, maar hulle stel glad nie belang om dit te eet nie. Die korrels het baie growwe korrels sout in en na ek daaraan geproe het kon ek verstaan hoekom. Dit is erg souterig. Is dit normaal vir die korrels om soveel sout in te hê of is daar dalk 'n ander rede dat hulle dit nie wil eet nie?
        • Maxiwol Readymix vs Konsentraat

          Wat is die beste raad teen lewerslak sonder om melkproduksie te affekteer of dat daar enige melkontrekkingsperiode na toediening is? Werk 'n middel soos diatomiet as 'n voerbyvoegsel teen interne parasiete?
          • Maxiwol Readymix

            Maxiwol readymix word 'n al beter opsie met die mielies wat duurder raak. Ek wil graag weet hoeveel lusern ek kan meng met die readymix , en wat die proteïeninhoud daarvan dan sal wees vir 'n volvoer aan lammerooie.
            • Maxiwol regdeur jaar gevoer?

              : Kan Maxiwol regdeur die jaar aan ooie gevoer word met ‘n verskil in inname afhangende van die verskillende produksiestadiums indien ’n 3x lam in 2 jaar produksiestelsel gevolg word? Volgens u aanbevelings by menige artikels is dit al uitweg, wat dan geen tyd laat vir ’n fosfaatlek in die somer en ’n proteïenlek in die winter nie? Dit gaan ekonomies geen sin maak nie, want teen R200 ’n sak vir Maxiwol produksiekorrels, kan slegs Maxiwol konsentraat sin maak?
              • Maxiwol

                Ek wil weet of ek die Maxiwol lekmengsel reg deur die jaar vir my ooie kan gee as 'n aanvuller teen 250g per dag en dan 6 weke voor lamtyd stelselmatig vermeerder tot 1500g as hul begin lam?