Lekke

← Terug na indeks
  • Oorlewing van mikro-organismes as lekke nie betyds vervang word nie

    Ek wil graag weet wat die effek op 'n skaap se rumen is, indien daar 'n onderbreking in die lek-inname plaasvind. Meer spesifiek, na hoeveel dae sonder lek begin ek skade aan die rumen of mikro-oorganismes doen deurdat hulle afsterf a.g.v. die kosaanpassing wat die skaap maak. Dit gebeur gereeld by my dat vee sonder lek is vir 2 of 3 dae en ek is bekommerd daaroor.
    • Toediening van winterlekke

      Wanneer moet begin word om vir diere winterlekke te gee?
      • Sement in lekblokke

        Ek sal graag meer wil uitvind oor die maak van ‘n proteïeneblok. Ek verneem daar is boere wat ongeveer 10% sement in die blokke gooi wat dien as ‘n verhardner vir die blokke . Wil net graag weet of die sement nie nadelig vir ‘n dier kan wees nie.
        • Plaasvervanger vir sout in lekke

          Ek huur grond en die water daar is baie brak (sout). Ek gee ‘n sterk ureumlek wat ook nog sout bevat om die inname te beperk. Wat is die effek van te hoë soutinname en is daar iets wat ek in die plek van sout kan gebruik om die innames laer te hou?
          • Ammoniumsulfaat in lekke

            Ek het nou onlangs gehoor van boere wat ammoniumsulfaat by hul lekke wil bymeng? Wat is die rede daarvoor en hoe veilig is dit?
            • Zeolite by lekmengsel?

              Maak dit sin om Zeolite by lekmengsel te voeg? As dit gifstowwe absorbeer is daar moontlikheid dat dit nodige elementstowwe soos selenium kan absorbeer?
              • Selfmeng van lekke

                Ek boer 250 km noord van die Zambiese grens in die DRK. Om Landbouprodukte hier te kry, is 'n probleem en duur. Kan jy asb. vir my 'n selfmengmineraal (veral fosfaat) lek aanbeveel vir bees, skaap en bok wat ek in die droë maande (Mei tot November) kan gee.
                • Lekke vir bokke

                  Ek soek ‘n resep vir ‘n lek vir bokke
                  • Lekblokresepte

                    Ek is nuut in die skaapbedryf. 'n Medeboer het vir my die volgende resep gegee vir lekblokke. Ek boer tans ook in die Groot Karoo by Burgersdorp. Chop 70 Kg Maxiwol 50 Kg Katoenoliekoek 50 Kg Molasse meel 40 Kg Sout 100 Kg Gemaalde lusern 40 Kg Molassestroop 50 Kg Water 125 Liter Ek meng alles saam en dan trap ek hulle vas in die oorspronklike tubs. Laat vir ongeveer 5 dae staan om bietjie droër te word. Sit dan…
                    • Potch-lek vir skape

                      Ek gebruik jare lank al Potch-lek by my beeste met baie goeie resultate. Ek het by my pa geleer dit word ook kwart-kwart lek genoem a.g.v. die samestelling. Die lek bestaan uit 1 kwart mieliemeel, 1 kwart sout, 1 kwart dikalsuimfosfaat en 1 kwart ureum. Alles moet baie goed fyn gemaak word en baie goed gemeng word. Beeste moet ook eers gewoond gemaak word aan die lek deur die ureum te verminder en dit dan mettertyd meer te maak. Ek…