Lammers

← Terug na indeks
  • Boerbokooie gooi lammers weg

    Ek boer al ongeveer 5 jaar met boerbokke. Die eerste 3 jaar het dit baie goed gegaan, maar ek sukkel van laas jaar af met ooie wat swak lammers gee en hul lammers weggooi. Selfs die sterk lammers word weggegooi. Na 2 weke in die lammerhok waar ons 4 tot 5 keer per dag die ooi vasmaak sodat lammers kan drink, wil hul nog steeds nie die lam vat nie. Ooie is in baie goeie kondisie, ek voer tef, armanslusern…
    • Lammers blaas op na voeding met bokmelk

      My hanslammers kry op die oomblik 500ml bokmelk per dag, 250ml in die oggend en dan weer in die aand. Hulle eet ook al lusern en ‘n bietjie pille. Ek wil net weet of ek dan maar moet stop met die melk omdat hulle eintlik baie goed aan die gewone kos vreet? 'n Ander probleem wat ek het, is dat die magies opblaas. Ek gee een keer per dag vir hulle Protexin probiotic om hulle te help, maar hulle blaas…
      • Hoeveelheid kruipvoer wat ‘n lam vreet

        Gestel ‘n lam ( Dorperlam / Boerboklam ) het toegang tot goeie kwaliteit gepilde kruipvoer vanaf twee weke oud tot twee maande oud. Argumentsonthalwe het die lam nie toegang tot enige weiding nie, maar kry genoeg melk. Hoeveel kruipvoer sou so 'n lam gemiddeld in die tydperk vreet?
        • Mielies, lusern en mieliereste in ‘n rantsoen vir speenlammers

          Ek het toegang tot geelmielies, lusern en gebaalde mieliereste. In watter verhouding kan ek 'n goeie voermengsel maak van die drie produkte vir die voer van speenlammers en hoeveel van die rantsoen moet ek voer per liggaamsmassa van die lam? Dankie.
          • Vroegspeen van lammers en speenskok

            Ek is opsoek na ‘n program vir die bestuur van vroegspeen van skaaplammers in droogte tye.
            • Lusernmeel vir lammers in volvoermengsel

              Wil net graag weet of ek lusernmeel by volvoer vir lammers kan byvoeg as ek nie gekapte lusern het nie? Moet ek nog steeds baal gras uitsit? As ek van die Voermolstelsel gebruik maak, sal lammers nog steeds so goed groei soos wanneer daar lusern by is? Baie dankie.
              • Weimielies vs groenvoer

                Stoorlammers op weimielies kan vir my 'n mielieprys van tussen R3000-R3400/ton gee. As ek lammers op groenvoer afrond, sal dit ook winsgewend wees soos weimielies?
                • Voerkraal vs weimielies

                  Veronderstel ek het 200 lammers. 100 Lammers voer ek in ‘n voerkraal en 100 lammers sit ek op weimielies. As die twee met mekaar vergelyk word watter een is die winsgewendste? Werk asb. met die volgende gegewens: Mielieproduksiekostes R5000/Ha Stoorlamprys R21.50/kg Slagprys R44/kg Begingewig 30kg Eindgewig 53kg
                  • Uitslagpersentasie van Dorperlammers

                    Kan julle vir my ‘n idee gee wat die uitslagpersentasie van Dorpers is?
                    • Kragvoer vir lammers wat afgerond word

                      Wat is die heersende markprys vir kragvoer vir lammers wat afgerond word per ton? Hoeveel gram per dag sit 'n lam wat op kragvoer is aan? Watter infrastruktuur kostes moet aangegaan word om 'n kragvoer afrondingsisteem te implementeer (600 lammers in voerkraal)? Behalwe kragvoer watter ander afrondingsisteme is daar nog en hoe vergelyk die kostes daaraan verbonde met kragvoer?