Kuilvoer

← Terug na indeks
  • Kuilvoer van koring vir skape

    Ek het in Januarie koring geplant dit lyk nou reg vir kuilvoer. Maak dit goeie kuilvoer vir skape? Ek wil die land skoon he so kan nie wag vir stroop nie. Scheepers Koring Koos
    • Alternatief vir kuilvoer

      Ek wil graag weet wat is ’n maklike plaasvervanger vir kuilvoer? Ons het nie meer kuilvoer nie nou wil ons iets anders in sy plek gee! Is daar nie iets wat jy met ‘n baal voer kan doen nie?
      • Verpilde lusernkuilvoer

        Is dit moontlik om voerpille van lusern kuilvoer te maak? As klimaatsomstandighede dit moeilik maak om sekere gedeeltes van die jaar hooi te maak, het ek gelees dat kuilvoer gemaak kan word, maar ek wil dit graag in 'n verpilde vorm met ander grondstowwe meng. Iis dit moontlik met lusernkuilvoer?
        • Kuilvoer veroorsaak lamsiekte

          Kan die voer van kuilvoer lamsiekte tot gevolg hê?
          • Kwaliteit van opgebergde voer

            Hoe lank kan voer geberg word en wat is die effek van berging op voerkwaliteit? Bv. hoe vergelyk die berging van lusernbale met kuilvoer en met ‘n verpilde produk?
            • Mielies, mieliekuilvoer en veldgras vir skape

              Ek wil graag ‘n volvoer mengsel kry vir SAVM ooie met lammers van geboorte tot op 60 dae! Ek het mielies, mieliekuilvoer en veldgras tot my beskikking.
              • Voedingswaarde van dekgras as kuilvoer

                Ek wil graag weet wat die voedingswaarde van dekgras as kuilvoer is
                • Beste kuilvoer vir skape

                  Wat is die beste kuilvoer vir skape, mielies of sugargraze en waar kan mens die kuilvoer se voedingswaardes kry?
                  • Hawer as kuilvoer

                    Ek het laas jaar 'n klomp hawer kuilvoer gemaak. Ek het net die helfte deur die somer gebruik. Hoe lank kan mens die hawer kuilvoer hou?
                    • Verpilling van lusernkuilvoer

                      Is dit moontlik om lusernkuilvoer te verpil en nog steeds die kwaliteit te behou? Kan die kuilvoer met ander produkte gemeng word bv. gemaalde mielies en SS 200 en dan saam te verpil? Die rede is om vermorsing te verminder en vir beter voer gebruik.