Kruipvoeding

← Terug na indeks
  • Kruipvoer vir inheemse bokke

    Ek wil graag navraag doen oor die voer van inheemse bokke (Kaapse skilderbokke). Ek het 'n klein kudde, my doel is om vleis te verkoop. Ek wil egter nie hê die bokke moet heeldag op kraal staan en lewe van voer nie, aangesien ek juis die bokke aangekoop het vir hulle gehardheid en aangepastheid op die veld. My vraag is egter, ek gee tans Maxiwol lekmengsel, en dan gee ons ook vars gesnyde lusern elke laat middag, na die bokke…
    • Hoeveelheid kruipvoer wat ‘n lam vreet

      Gestel ‘n lam ( Dorperlam / Boerboklam ) het toegang tot goeie kwaliteit gepilde kruipvoer vanaf twee weke oud tot twee maande oud. Argumentsonthalwe het die lam nie toegang tot enige weiding nie, maar kry genoeg melk. Hoeveel kruipvoer sou so 'n lam gemiddeld in die tydperk vreet?
      • Vroegspeen van lammers en speenskok

        Ek is opsoek na ‘n program vir die bestuur van vroegspeen van skaaplammers in droogte tye.
        • Kruipvoer vir lammers (2)

          Lammerooie loop op groen weiding (rog) en 10% wieke plus ad lib lusern en mieliereste (50% elk). Is kruipvoer nodig vir lammers? Lammers is ongeveer 4 weke oud.
          • Verhoog wins van skaapboerdery

            Hoe kan wins uit skaapboerdery verhoog word sonder om nog grond by te koop?
            • Begroting vir kruipvoer en afrondingrantsoene vir lammers

              Vir hoeveel kruipvoer per lam oor 'n 4 maande tydperk kan ek begroot? Dieselfde met afrondrantsoene (SS 200 + Procon + melassemeel + mielies + lusern). Kan ek begroot op gemiddeld van 1.5 kg per dag per lam vir 3 maande?l+mielies+lusern), kan ek begroot op gemiddeld van 1.5kg per dag per lam vir 3 maande?
              • Kruipvoer vir lammers

                Ek wil graag weet hoe die boer self kruipvoer op die plaas kan saamstel met beskikbare ruvoer soos Medics-hooi,hawerhooi, lusernhooi en goeie gehalte strooi as kruipvoer vir lammers terwyl hulle soog. Gielie Cillie