Koring

← Terug na indeks
  • Kuilvoer van koring vir skape

    Ek het in Januarie koring geplant dit lyk nou reg vir kuilvoer. Maak dit goeie kuilvoer vir skape? Ek wil die land skoon he so kan nie wag vir stroop nie. Scheepers Koring Koos
    • Alternatiewe vir mielies in skaapvoeding

      Met die mielieprys wat dreig om al hoe hoër te word, sal ons dit nog kan bekostig om ons skape teen die huidige vleispryse te kan voer? Wat kan ons as alternatiewe byvoeding gebruik?
      • Koringkiemolie vir ramme voor paring

        Wat presies doen koringkiemolie aan die ram wanneer dié voor paring gedoseer word? Moet dit koringkiemolie wees of sal ander olies soos byvoorbeeld grondboonolie ook werk? Moet dit gedoseer word of kan dit in die voerrantsoen, wat die ramme voor paartyd ontvang, ingemeng word? Dankie. Peter
        • Alternatiewe energiebronne in die plek van mielies

          Met die mielieprys wat die hoogte inskiet, watter alternatiewe energiebronne kan aangewend word vir dierevoeding (afrond van lammers/ou ooie en aanvullende byvoeding vir lammer-ooie). Dankie. Phillip
          • Kleingrane (koring, korog, gars, hawer) se energiewaardes

            Ek wil graag weet watter wintergewas verskaf die meeste energie? Ons saai jaarliks hawer, maar soek 'n graan wat vir diere soos varke en Dorpers meer energie verskaf. Gehoor van korog en gars. Mielies hier in die Wes-Kaap is grotendeels 'n somergewas wat energie voorsien.
            • Koring in rantsoene

              Ek het so 1 ton koring wat ek wil gebruik om vee mee te voer. Kan ek mielies minder maak en koring bysit? Ek het huidiglik vier tipes mengsels: ooie met lammers; skaap en bok dragtige ooie; kruipvoeding vir skaap- en boklammers en speenkalwers op veld. Al die mengsels is soos per voedingsprogram vir semi-intensiewe skaapboerdery soos uiteengesit deur dr. Jasper. Die speenkalwers op veldmengsel is 200 kg SB 100 + 800 kg mielies. Sal graag die koring op slegs…