Gars

← Terug na indeks
  • Gars as voer vir ooie

    Ek het 'n garsland wat ek wou stroop, maar die land moes vroeg ryp gekry het want hy gee min en ligte saad. Die gars is klaar droog en staan omtrent 50 - 60 cm hoog. Kan ek nou ooie op die land jaag om dit maar op te eet en indien wel, watter tipe byvoeding kan ek gee?
    • Alternatiewe vir mielies in skaapvoeding

      Met die mielieprys wat dreig om al hoe hoër te word, sal ons dit nog kan bekostig om ons skape teen die huidige vleispryse te kan voer? Wat kan ons as alternatiewe byvoeding gebruik?
      • Gars as veevoer

        Hoe goed is Bali vir veevoer en wat is die siklus van Bali?
        • Garsstof as voeding

          Ek kry ongeveer 30 ton per maand gars, mout, semels en stof van die filtreersisteme by 'n brouery. Die gars en mout word gemaal en aan varke en beeste gevoer. Wat kan ek met die semels (wat baie stof bevat) en die filterstof doen? 1) Kan dit in pille gedruk word? 2) Moet ander voer bygevoeg word? 3) As pille gedruk word kan melassestroop as bindmiddel gebruik word? 4) Sou die pille vir alle plaasdiere geskik wees?
          • Alternatiewe energiebronne in die plek van mielies

            Met die mielieprys wat die hoogte inskiet, watter alternatiewe energiebronne kan aangewend word vir dierevoeding (afrond van lammers/ou ooie en aanvullende byvoeding vir lammer-ooie). Dankie. Phillip