Sojas

← Terug na indeks
  • Benutting van sojaboonlande

    Ons het so paar hektaar sojabone geplant om ons skape deur die strawwe winters van Dullstroom te vat. Ons gaan nie stroop nie. Wat is die beste manier om die sojaboonlande te gebruik? Wat is die voor en nadele tussen die lande, wei of bale maak? Kan U my help met die beste metode vir beide benuttings?
    • Wenke vir die beweiding van sojalande

      Ek wil graag weet hoe ek my verliese kan beperk wanneer sojalande bewei word?
      • Sojavergiftiging

        my ooie met lammers (6weke oud) loop op soya reste. Van die skaap lyk of hulle malkop is. Daar is 2 al dood. Kan daar vergiftiging met soya boontjies plaasvind? Moet n mens n lek saam gee op die reste?
        • Rou sojabone as skaapvoer

          Graag wil ek verneem hoe giftig rou sojabone is wat bokke optel wanneer hulle die sojabale vreet? Ons het onlangs 'n jaar oue boerbokram gehad wat gevrek het en slegs simptome soos sukkelende asemhaling en koors van 34.6 grade Celsius gehad het voor hy gevrek het. Ons het ongelukkig nie ‘n nadoodse ondersoek laat doen nie......Die bokke vreet al sowat 3 maande die sojabale. Hulle kry ook pille 3 maal per dag omrede ons met sowat 300 bokke boer op…