Hawer

← Terug na indeks
  • Droëlandhawer se veiligheid

    Ons het droëlandhawer wat op die oomblik in die aar is en wil graag weet of dit veilig is om die skape (Meatmaster) daarop te laat wei of kan dit blousuur veroorsaak aangesien dit nog groen is?
    • Hawervergiftiging by skape en beeste

      Ek het skape en beeste wat op hawer wei vir so 5 ure per dag. Hoeveel uur per dag kan hulle hawer wei? Wat is die simptome van vergiftiging? Op die land het ek ook assegaaiklawer aangeplant. Groete Ashton Stevens
      • Beeste vergiftig op hawerweiding

        Ek het haweraanplantings gedoen vir winterweidings.Gedurende die winter het twee beeste vermoedelik gevrek weens blousuurvergiftiging en ander het ernstige simptome van vergiftiging getoon na hul vir kort tye (4-5 ure) op die hawer gewei het. Die veearts, wat die diere behandel het, kon egter nie blousuurvergiftiging bevestig nie, maar het hul wel behandel vir vergiftiging. Die diere se simptome en nadoodse ondersoeke dui op tekens van blousuurvergiftiging. Die hawer het swaar ryp gehad en erge verwelking het plaasgevind. Sedert die…