Bloekombome

← Terug na indeks
  • Skape vreet bloekomboombas

    Ek het baie bloekombome op my plaas. Ek merk op dat my skape versot is op die bas van die bome. Geen ander bome se bas word gevreet nie. Ek het al by verskeie bronne probeer vasstel waarom, maar niemand kan help nie. Kan dit 'n tekort wees aan iets of proe dit net lekker? My skape loop op groenweiding en kry ook skaappille asook lekke. Hulp sal welkom wees.