Teling

← Terug na indeks
  • Ram by lakterende ooie

    Kan ek ‘n ram by die ooie laat loop na hulle lammers gehad het want ek het ‘n baie klein plasie. Die lammers is nou 3 weke oud. Die ram is huidiglik in ‘n klein kampie. Die ander ooie is almal dragtig en lam nou tot einde Oktober. Kan hy vir so lank toe bly? Sal hy nie stres nie? Hoe groot kamp moet hy hê? Sal hy nie spring om by die ooie uit te kom nie? Die ooie…
    • Ram gee baie ramlammers

      Ek het Dorpers en in twee jaar het ek 85% ramlammers aangekry! Ek wil graag meer ooilammers hê. Wat kan dit dalk wees of wat kan ek verander? Kan dit dalk die ram of ooi wees? Of dalk voeding? Ek is al raadop! Help asseblief!
      • Dekseisoen en seleksie van Dorperramme

        Ek het vir ‘n Dorperboer (Skaapboer van die jaar 2011) gevra om ons te vertel hoe hy die dekseisoen vir Dorpers in die droë Noord-Kaap toepas. Ook watter raad hy het vir jou en hoe word vir ramme en ooie geselekteer?
        • Teelramme kan lampersentasie verhoog

          Kan teelramme die lampersentasie in ’n kudde verhoog?
          • Vleismerino-ooie (SAVM) gekruis met Dormerramme

            Ek laat my Vleismerino-ooie met Dormerramme dek. My bure sê ek maak ‘n fout want die kruislammers se nageslag sal swakker groei as ek hulle weer met Dormers laat dek. Is die kruising verkeerd? Watter moontlike probleme kan ek met so ‘n kruising kry?
            • Paring met Dormer-ramme

              Is Dormer-ramme seisoengebonde wat paring betref? Ek beplan om einde Oktober handdekking te doen. Die ooie is Dohne Merinos en ek sal graag wil kruisteel. Ek het ook Dohne-ramme en kan dus Dohne-ramme gebruik as Dormers nie sou in pas nie. Dankie
              • Hoeveel ramme word benodig?

                Ons wil al om die ander maand 'n trop skaap laat dek nadat hul ge-CDIR is om ons ramme tot hul maksimum te benut, verbeterde kontantvloei te hê en die probleemdiere te probeer ontduik. Nou is my vraag net : Ons diere is ten minste 'n KP (kondisie punt) van 3 en die ramme loop al vir 3 - 5 maande op goeie winterkos alleen. Die ooie is ge-CDIR en sal volgende week aan die ramme gegee word met die…