Ramme

← Terug na indeks
  • Rotering van Ramme

    Ek wil graag my ramme roteer deur hulle ‘n sekere aantal dae alleen te laat loop en dan weer ‘n aantal dae tussen die ooie. Ek is onseker oor die hoeveelheid dae wat ek hulle moet bysit en dan weer moet laat rus, want intussen moet hulle sperm herproduseer as hulle alleen is en dan weer die ooie dek.
    • Dekseisoen en seleksie van Dorperramme

      Ek het vir ‘n Dorperboer (Skaapboer van die jaar 2011) gevra om ons te vertel hoe hy die dekseisoen vir Dorpers in die droë Noord-Kaap toepas. Ook watter raad hy het vir jou en hoe word vir ramme en ooie geselekteer?
      • Aantal ramme vir ooie

        Ek gebruik ‘n dektydperk van 28 dae op my Dorperooie. Hulle word voorberei met koggelramme. Hoeveel ramme sal jul aanbeveel per 100 ooie en kan mens te " veel" ramme bysit?
        • Ooie se voorkeur vir ‘n ram

          Kan iemand my asb. verduidelik hoe dit werk want ek dink my ooie se koppe raas? Ek het ‘n ram by hulle gesit om gedek te word, maar hulle wil niks van hom weet nie. As my ander ram naby is, vry hulle kliphard na hom deur die draad. Sou hulle ook dalk voorkeure hê oor wie die pa van hul kinders moet wees? Ek is baie moedeloos!
          • Koringkiemolie vir ramme voor paring

            Wat presies doen koringkiemolie aan die ram wanneer dié voor paring gedoseer word? Moet dit koringkiemolie wees of sal ander olies soos byvoorbeeld grondboonolie ook werk? Moet dit gedoseer word of kan dit in die voerrantsoen, wat die ramme voor paartyd ontvang, ingemeng word? Dankie. Peter
            • Teelramme kan lampersentasie verhoog

              Kan teelramme die lampersentasie in ’n kudde verhoog?
              • Vleismerino-ooie (SAVM) gekruis met Dormerramme

                Ek laat my Vleismerino-ooie met Dormerramme dek. My bure sê ek maak ‘n fout want die kruislammers se nageslag sal swakker groei as ek hulle weer met Dormers laat dek. Is die kruising verkeerd? Watter moontlike probleme kan ek met so ‘n kruising kry?
                • Paring met Dormer-ramme

                  Is Dormer-ramme seisoengebonde wat paring betref? Ek beplan om einde Oktober handdekking te doen. Die ooie is Dohne Merinos en ek sal graag wil kruisteel. Ek het ook Dohne-ramme en kan dus Dohne-ramme gebruik as Dormers nie sou in pas nie. Dankie