Bestuur

← Terug na indeks
  • Ramprobleme

    Ek het sopas 'n boerderytjie begin met 100 ooie, waarvan 25 Dormers en die res Merino's is. Die Dormers het ongelukkig lang sterte, maar is pragtige, sterk diere. My 3 Merinoramme, wat andersins werklik hulle kant bring, ignoreer egter die Dormerooie geheel en al. Ek het eers gedink dit is oor die sterte, maar nadat ek vandag gesien het hoe gewelddadig een van die ramme 'n Dormerooi van hom af wegstamp, wonder ek of Merino's dalk nie van Dormers hou…
    • Aantal ramme vir ooie

      Ek gebruik ‘n dektydperk van 28 dae op my Dorperooie. Hulle word voorberei met koggelramme. Hoeveel ramme sal jul aanbeveel per 100 ooie en kan mens te " veel" ramme bysit?
      • Koringkiemolie vir ramme voor paring

        Wat presies doen koringkiemolie aan die ram wanneer dié voor paring gedoseer word? Moet dit koringkiemolie wees of sal ander olies soos byvoorbeeld grondboonolie ook werk? Moet dit gedoseer word of kan dit in die voerrantsoen, wat die ramme voor paartyd ontvang, ingemeng word? Dankie. Peter
        • Bestuur en voorbereiding van ramme voor dektyd

          Wat moet ek alles doen voor ek my ramme by die ooie sit?
          • Hoeveel ramme word benodig?

            Ons wil al om die ander maand 'n trop skaap laat dek nadat hul ge-CDIR is om ons ramme tot hul maksimum te benut, verbeterde kontantvloei te hê en die probleemdiere te probeer ontduik. Nou is my vraag net : Ons diere is ten minste 'n KP (kondisie punt) van 3 en die ramme loop al vir 3 - 5 maande op goeie winterkos alleen. Die ooie is ge-CDIR en sal volgende week aan die ramme gegee word met die…
            • Die ramfaktor

              Een van die lede van ons gespreksforum vra watter rol ramme tot die sukses van sy boerdery speel en vra vir wenke oor hoe hy hulle moet bestuur. Dr. Jasper Coetzee antwoord sy vrae.
              • Voorbereiding van teelramme

                'n Lid van ons gespreksforum vra hoe om sy teelramme voor te berei sodat hy sy inkomste kan verhoog. Dr. Jasper Coetzee antwoord sy vraag.