Ramme

← Terug na indeks
  • Split in ram se teelsak

    Buiten die feit dat ‘n diep split in ‘n ram se teelsak nie goed lyk nie, is daar enige beproefde nadele daaraan verbonde? Ek het lankal verstaan dat dit weer ‘n split in vroulike nageslag se uiers veroorsaak wat melkproduksie benadeel – is dit waar en bewys?
    • Ram by lakterende ooie

      Kan ek ‘n ram by die ooie laat loop na hulle lammers gehad het want ek het ‘n baie klein plasie. Die lammers is nou 3 weke oud. Die ram is huidiglik in ‘n klein kampie. Die ander ooie is almal dragtig en lam nou tot einde Oktober. Kan hy vir so lank toe bly? Sal hy nie stres nie? Hoe groot kamp moet hy hê? Sal hy nie spring om by die ooie uit te kom nie? Die ooie…
      • Gebruik van koggelramme by KI

        Ek onttrek my ramme van my ooie na paartyd. Ek gebruik tans koggelramme voordat my teelramme by my ooie kom. Ek wil ‘n groep ooie laat KI. Geld die beginsel van totale onttrekking en gebruik van koggelramme ook in die geval van KI?
        • Ramprobleme

          Ek het sopas 'n boerderytjie begin met 100 ooie, waarvan 25 Dormers en die res Merino's is. Die Dormers het ongelukkig lang sterte, maar is pragtige, sterk diere. My 3 Merinoramme, wat andersins werklik hulle kant bring, ignoreer egter die Dormerooie geheel en al. Ek het eers gedink dit is oor die sterte, maar nadat ek vandag gesien het hoe gewelddadig een van die ramme 'n Dormerooi van hom af wegstamp, wonder ek of Merino's dalk nie van Dormers hou…
          • Ramlammers het horings

            Ek merk op dat my 2015 ramlammers horings kry. Ek het 'n top ram by my ooie gehad. Dit is die eerste keer dat so iets gebeur. Wat is die oorsaak hiervan en hoe kan dit voorkom word? Is dit dalk geneties aan die kant van die vaar en kan die horings gebrand word sodat dit nie verder groei nie? Die rammetjies met die horings sal nie aanvaar word vir registrasie nie. Kan u my dalk help?
            • Wit ram gooi ‘n swart lam

              Een vir die slim skaapboere alweer, want ek weet nog heeltemal te min. Die lammetjie se ouers is albei 100% SA vleis merino’s. Toe pop sy uit! Pikswart met kol op kop en stert in verf gedoop! Is dit net ‘n gene vloek of kan dit gebeur? Of moes daar êrens terug in nageslagte ‘n baster gewees het? Uit 80 ooie en lammers is sy die enigste een wat swart is. Sy is pragtig en net omdat sy anders is…
              • Puberteitsouderdom van diere

                Wanneer is diere geslagsryp?
                • Ronderib Afrikanerramme as koggelramme

                  Wat is die effek op ovulasie van ooie as hulle deur Ronderib Afrikanerramme gekoggel word?
                  • Keuse van ramme vir teling

                    Ek bedryf tans ‘n klein skaapboerdery bestaande uit Swartkop Dorpers en ‘n paar Wit Dorpers en Van Rooyenooie. Ek gebruik tans Dorper en Van Rooyen ramme . Ek is in die proses om sowat 60 tot 80 Dorper kudde ooie by ’n gevestigde teler te koop wat my by die volgende vrae bring: 1. Kan ek voortgaan met die ramme van die 2 rasse aangesien ek op vleisproduksie wil fokus en 85% van my ooie Dorper is of moet ek…
                    • Ram gee baie ramlammers

                      Ek het Dorpers en in twee jaar het ek 85% ramlammers aangekry! Ek wil graag meer ooilammers hê. Wat kan dit dalk wees of wat kan ek verander? Kan dit dalk die ram of ooi wees? Of dalk voeding? Ek is al raadop! Help asseblief!