Paring

← Terug na indeks
  • Ram by lakterende ooie

    Kan ek ‘n ram by die ooie laat loop na hulle lammers gehad het want ek het ‘n baie klein plasie. Die lammers is nou 3 weke oud. Die ram is huidiglik in ‘n klein kampie. Die ander ooie is almal dragtig en lam nou tot einde Oktober. Kan hy vir so lank toe bly? Sal hy nie stres nie? Hoe groot kamp moet hy hê? Sal hy nie spring om by die ooie uit te kom nie? Die ooie…
    • Aantal ramme vir ooie

      Ek gebruik ‘n dektydperk van 28 dae op my Dorperooie. Hulle word voorberei met koggelramme. Hoeveel ramme sal jul aanbeveel per 100 ooie en kan mens te " veel" ramme bysit?
      • Prikkelvoeding by meervoudige paarstelsel

        Ek wil graag weet hoe effektief dit sal wees om prikkelvoeding en prikkeldoserings toe te pas terwyl jy van 'Die 1,2,3,4 paarstelsel' gebruik maak. Al die ramme en ram- lammers is mos heeltyd by die ooie? Hulle moet mos ten minste 1km ver wees? Sal die ooie goed op hitte kom?
        • Ooie se voorkeur vir ‘n ram

          Kan iemand my asb. verduidelik hoe dit werk want ek dink my ooie se koppe raas? Ek het ‘n ram by hulle gesit om gedek te word, maar hulle wil niks van hom weet nie. As my ander ram naby is, vry hulle kliphard na hom deur die draad. Sou hulle ook dalk voorkeure hê oor wie die pa van hul kinders moet wees? Ek is baie moedeloos!
          • Paarouderdom van jongooie

            Wanneer moet 'n jongooi gepaar word? Op 'n spesifieke ouderdom of massa? Daar is verskillende menings daaroor. Floris Coetzee
            • Paring van ooie drie maande na lam

              Ons is besig om 'n kudde te bou en het eers die laparoskopie-roete gevolg, maar het 'n verskriklike swak resultaat gehad. Ons is in die Karoo, wat beteken voeding is heelwat anders as diere op kraal, wat dalk die oorsaak kon wees. Ons het egter gesorg dat ons diere se kondisie goed is deur voeding aan te vul. Ons kom egter uit 'n ses jaar droogte wat dalk sy tol ge?is het. Ons moet egter ons verliese so gou moontlik…
              • Paring met Dormer-ramme

                Is Dormer-ramme seisoengebonde wat paring betref? Ek beplan om einde Oktober handdekking te doen. Die ooie is Dohne Merinos en ek sal graag wil kruisteel. Ek het ook Dohne-ramme en kan dus Dohne-ramme gebruik as Dormers nie sou in pas nie. Dankie
                • Lammers op 3 dae speen en ooie weer laat paar

                  As ek my lammers op 3 dae speen en hulle dan verder met die hand grootmaak, sal my ooie binne 'n maand weer vat sodat ek twee lammers in een jaar kry?
                  • Dektye by Boerbokke

                    Ek boer in Stella (Vryburg) omgewing en wil hoor of u my kan help met die verskillende dektye by bokke in hierdie omgewing.
                    • Swak besetting van Dorperooie

                      'n Boer is besorg oor 'n skielike verswakking in die besetting van sy Dorperooie. Twee kundiges verduidelik wat die moontlike oorsake kan wees.