KI

← Terug na indeks
  • Gebruik van koggelramme by KI

    Ek onttrek my ramme van my ooie na paartyd. Ek gebruik tans koggelramme voordat my teelramme by my ooie kom. Ek wil ‘n groep ooie laat KI. Geld die beginsel van totale onttrekking en gebruik van koggelramme ook in die geval van KI?
    • Aantal ooie per ram en sinchronisering

      My Dormer skaapboerdery hardloop tans op ‘n 3 keer in 2 jaar lamstelsel en ek wil van sponse gebruik maak om optimale wins en lampersentasie te kry. Hoeveel ooie kan ’n ram op ‘n dag dek en hoe lank moet die ram dan nog inbly by diesefde ooie om dekking te verseker? Hoe lank moet die ram dan rus voor hy weer kan gebruik word vir die volgende groep ooie? Hoor graag van jou. Groete.
      • Estrussiklusse in ooie en bokke

        Ek KI tans al my kleinvee wat bestaan uit geelbek merinos en boerbokke. Ek weet dat die 1ste siklus ooie ongeveer 150 dae na konsepsie gaan begin lam, en dat die merino ooie se siklus 17 dae en die boerbokke se siklus 20 dae is. Ek wil graag meer te wete kom van die 2de siklus en die 3de siklus, sal ooie wat met die siklusse gevat het ook nog akkuraat gesinkroniseer wees om almal in ‘n week te lam,…
        • Bestuur van ooie tydens KI

          Indien ek my ooie met dragtige merrieserum (DMS) spuit om lampersentasie te verhoog, sal dit verkeerd wees om terselfdertyd die ooie vir parasiete te behandel?
          • Onttrekkingstyd van sponsies/CIDR’s

            Wat is die minimum en maksimum tydperke wat sponsies onttrek kan word sonder om 'n KI program/sukses negatief te be?nvloed? Volgens literatuur wat ek gelees het, het onttrekking op dag 13, 14, 15 en 16 na sponsing geen afwykings getoon nie, sal onttrekking dus voor 13 en na 16 dae probleme veroorsaak? Ek verneem graag van u. By voorbaat dankie. Jer Nortje