Ooie

← Terug na indeks
  • Ram by lakterende ooie

    Kan ek ‘n ram by die ooie laat loop na hulle lammers gehad het want ek het ‘n baie klein plasie. Die lammers is nou 3 weke oud. Die ram is huidiglik in ‘n klein kampie. Die ander ooie is almal dragtig en lam nou tot einde Oktober. Kan hy vir so lank toe bly? Sal hy nie stres nie? Hoe groot kamp moet hy hê? Sal hy nie spring om by die ooie uit te kom nie? Die ooie…
    • Een van tweelinglammers is kleiner as die ander tydens geboorte

      Ek het jong dorperooie wat nou lam. Twee van die ooie het tweelinglammers, maar in albei gevalle is een van die lammers bitter klein en word ook ’n hele ruk na die eerste een gebore. Die skape loop op hawer en raaigras, wat baie geil is.
      • Boerbokooie gooi lammers weg

        Ek boer al ongeveer 5 jaar met boerbokke. Die eerste 3 jaar het dit baie goed gegaan, maar ek sukkel van laas jaar af met ooie wat swak lammers gee en hul lammers weggooi. Selfs die sterk lammers word weggegooi. Na 2 weke in die lammerhok waar ons 4 tot 5 keer per dag die ooi vasmaak sodat lammers kan drink, wil hul nog steeds nie die lam vat nie. Ooie is in baie goeie kondisie, ek voer tef, armanslusern…
        • Gebruik van koggelramme by KI

          Ek onttrek my ramme van my ooie na paartyd. Ek gebruik tans koggelramme voordat my teelramme by my ooie kom. Ek wil ‘n groep ooie laat KI. Geld die beginsel van totale onttrekking en gebruik van koggelramme ook in die geval van KI?
          • Aantal ooie per ram en sinchronisering

            My Dormer skaapboerdery hardloop tans op ‘n 3 keer in 2 jaar lamstelsel en ek wil van sponse gebruik maak om optimale wins en lampersentasie te kry. Hoeveel ooie kan ’n ram op ‘n dag dek en hoe lank moet die ram dan nog inbly by diesefde ooie om dekking te verseker? Hoe lank moet die ram dan rus voor hy weer kan gebruik word vir die volgende groep ooie? Hoor graag van jou. Groete.
            • Resorpsies en aborsies by ooie

              Toe ons die ooie geskandeer het was die meeste ooie dragtig maar toe hulle moes lam het ‘n groot persentasie van die ooie nie gelam nie. Wat is moontlike oorsake? Ek het groot finansiële verliese gely!
              • Puberteitsouderdom van diere

                Wanneer is diere geslagsryp?
                • Dragtigheidsperiodes van soogdiere

                  Ek soek inligting oor dragtigheidsperiodes van soogdiere
                  • Sinchronisasie van Kleinvee

                    Ek wil meer inligting bekom oor sinchronisasie by kleinvee
                    • Geel lammers met geboorte

                      Ons is tans in die middel van ons Merino lamtyd en het die afgelope week geel lammers aangekry. My vermoede is dat dit weens die droogte is wat ons ervaar of stres van die ooi. Kan jy my dalk met die inligting help?