Lammers

← Terug na indeks
  • Een van tweelinglammers is kleiner as die ander tydens geboorte

    Ek het jong dorperooie wat nou lam. Twee van die ooie het tweelinglammers, maar in albei gevalle is een van die lammers bitter klein en word ook ’n hele ruk na die eerste een gebore. Die skape loop op hawer en raaigras, wat baie geil is.
    • Abnormaliteite in pasgebore lammers

      Ek kry so af en toe ’n pasgebore lam by wie die kloutjies van die voorbene omgebuig is. Wat kan die oorsaak wees?
      • Lammers is lam met en na geboorte

        Ek boer op `n plaas in die Sutherland-distrik. Ooie is besig om te lam en hier het al `n paar lammers aangekom wat heeltemal lam is as hulle gebore word. Hul koppe val van links na regs. Dan is daar ook dié wat op 10, 12 dae lam word en gladnie weer kan opstaan nie. Die ooie kry droë lusern en mielies en Molatek-lek. Gee gladnie hoendermis nie, glo nie daaraan nie. Wat kan die moontlike oorsaak wees?
        • Geel lammers met geboorte

          Ons is tans in die middel van ons Merino lamtyd en het die afgelope week geel lammers aangekry. My vermoede is dat dit weens die droogte is wat ons ervaar of stres van die ooi. Kan jy my dalk met die inligting help?
          • Misvormde ledemate van lammers

            Ek het op ‘n pasgebore lam op my plaas in die Karoo afgekom. Al vier sy bene se spiere is styf getrek en as gevolg daarvan is sy bene krom getrek en hy kon dus nie staan nie. Ek het sy bene reguit getrek, maar sodra ek dit los, trek dit weer krom en hy is toe later dood. Ek het dit nog nooit gesien op my plaas nie en wonder nou wat die oorsaak daarvan kan wees?
            • Gesplete verhemelte of gesplete lip

              Ons boer in die suide van Namibië. Die boerbokke lam nou en vanweë die gunstige omstandighede, is die drielinge volop. Onder andere is een van 'n drieling met 'n gesplete verhemelte gebore. Kan u aan my verduidelik wat dit veroorsaak en of dit verhoed kan word? Is daar 'n kans op oorlewing?