Genetika

← Terug na indeks
  • Split in ram se teelsak

    Buiten die feit dat ‘n diep split in ‘n ram se teelsak nie goed lyk nie, is daar enige beproefde nadele daaraan verbonde? Ek het lankal verstaan dat dit weer ‘n split in vroulike nageslag se uiers veroorsaak wat melkproduksie benadeel – is dit waar en bewys?
    • Abnormaliteite in pasgebore lammers

      Ek kry so af en toe ’n pasgebore lam by wie die kloutjies van die voorbene omgebuig is. Wat kan die oorsaak wees?
      • Om te meet is om te weet

        Watter inligting is nodig as ek suksesvol met vee wil boer?
        • Wit ram gooi ‘n swart lam

          Een vir die slim skaapboere alweer, want ek weet nog heeltemal te min. Die lammetjie se ouers is albei 100% SA vleis merino’s. Toe pop sy uit! Pikswart met kol op kop en stert in verf gedoop! Is dit net ‘n gene vloek of kan dit gebeur? Of moes daar êrens terug in nageslagte ‘n baster gewees het? Uit 80 ooie en lammers is sy die enigste een wat swart is. Sy is pragtig en net omdat sy anders is…
          • Seleksie deur genetika

            Ek het merino\dohne skaap en boerbokke uit goeie stoet materiaal van my oom en buurman gekry. Baie was hansies en van hulle aangekoop. Is daar 'n maklike verduideliking hoe om die kudde te verbeter deur seleksie van genetika. Groter raam,beter weerstand en vrugbaarheid. Ek maak nie kop of stert uit van die boeke wat ek het. Sal lekker wees om 'n algemene verduideliking te hoor wat vir my sin maak.
            • Witdorper met ‘n bruin kop

              Ek teel met Witdorpers en het 'n lam met 'n bruinkop gekry. Hoe gebeur dit? Die ooi was een van my eie lammers van verlede jaar.
              • Misvormde ledemate van lammers

                Ek het op ‘n pasgebore lam op my plaas in die Karoo afgekom. Al vier sy bene se spiere is styf getrek en as gevolg daarvan is sy bene krom getrek en hy kon dus nie staan nie. Ek het sy bene reguit getrek, maar sodra ek dit los, trek dit weer krom en hy is toe later dood. Ek het dit nog nooit gesien op my plaas nie en wonder nou wat die oorsaak daarvan kan wees?
                • Gesplete verhemelte of gesplete lip

                  Ons boer in die suide van Namibië. Die boerbokke lam nou en vanweë die gunstige omstandighede, is die drielinge volop. Onder andere is een van 'n drieling met 'n gesplete verhemelte gebore. Kan u aan my verduidelik wat dit veroorsaak en of dit verhoed kan word? Is daar 'n kans op oorlewing?
                  • Skape met lang onderbekke

                    Van tyd tot tyd kry ek dit dat van my ramme wat ek in die stal het en lank voer vir skoue en veilings begin om oor te byt (lang onderbek). Ramme kry volvoer met tef ad lib. 1.Wat veroorsaak dit? 2.Hoe kan dit voorkom word? 3.Kan dit herstel as ram op weiding loop? 4.Is die probleem oorerflik?
                    • Schistosomus reflexus

                      Ek kry hierdie foto’s van ‘n boer. Die lammers se pense bars oop tydens geboorte. Weet jy dalk wat dit kan veroorsaak?