Siektes

← Terug na indeks
  • Bloedderm en rooiderm by boerboklammers

    Boklammers word gesond en sterk gebore en op ouderdom tussen 2 tot 4 maande raak party swak, treurig en vrek vinnig. Met die oopmaak het ek gevind dat veral die derms baie rooierig is, die plaasarbeiders verwys daarna as rooiderm. Is daar so 'n siekte en wat kan ek daarvoor gebruik? Die meeste vrektes kom saans voor. - James le Roux (rouxvan@mweb.co.za)
    • Hartwater-behandeling

      Ek boer in die Bela-Bela (Warmbad) omgewing. Ek het vir my bokke en skape aangeskaf en gereël dat 'n veearts almal met hartwater-bloed inspuit. Ons het daarna behandel met 'n tetrasiklien en was gelukkig om geen diere te verloor nie. Die lammers begin nou mooi herstel en die vraag is of ek weer dieselfde prosedure moet volg (wat redelik duur is, maar goeie resultate lewer) of word die weerstand vanaf die moeder of vader na die klein skapies en bokkies…
      • Vrotpootjie by skape

        Ek sukkel met vrotpootjie by skape. Wat kan ek doen? Is dit aansteeklik vir gesonde diere en wat veroorsaak dit? - Christo Bekker (christo@absa.co.za)
        • Vrot ore by skape

          Ek merk al my bok- skaaplammers met 'n plastiese skaapoorplaatjie. Ek vind dat die ore baie sweer en soms val die merker sommer uit. Ek sit die aanwender en plaatjies in 'n steriliseermiddel ná en voor elke gebruik. Ek was die oor skoon met 'n ontsmettingsmiddel voordat ek die plaatjie insit. Ek het ook al medisinale alkohol probeer om die oor eers skoon te maak. Wat doen ek verkeerd? Moet mens elke dag al die ore weer skoonmaak en as…
          • Dikkop-sponssiekte by beeste, skape

            Dikkop-sponssiekte by beeste, skape Vraag: Is Onderstepoort se Dikkop-entstof en Multiclos vir dieselfde virus? - G.J. Vlok(simbra@telkomsa.net)
            • Geeldikkop by skape

              Watter voorkoming en behandeling kan vir geeldikkop toegepas word? - Adriaan (n13147w@iafrica.com.na)
              • Pasteurella-inenting: Wanneer?

                Ek boer in die Noordwes-provinsie. Wanneer moet ek my kudde teen pasteurella inent? Moet die hele kudde ooie en lammers ingeënt word? - Willie Jones
                • Vratte op Boerbokke

                  My Boerbokke is oortrek met yslike vratte. Dit kom veral voor in die gesig en aan die uier. Wat veroorsaak dit en wat kan ek gebruik om dit te behandel/bekamp? Ek boer in die Deben-omgewing (Noord-Naap). - Fred Viljoen (fred.viljoen@kumbaresources.com)
                  • Skape het opgeswelde gesigte

                    Ons het hier vier skape waarvan die gesig en ore opgeswel is. Verlede jaar was daar ook van hulle wat dié simptome gewys het. Advies was dat dit slangbyt is. Ons weet nie regtig wat dit is nie en weet ook nie wat om daaromtrent te doen nie. - Alwyn de Beer (bovlei@lando.co.za)
                    • Oogsiektes

                      Kan blesbokke oogsiektes dra en of na beeste versprei? - Christo Smit