Oorprobleme

← Terug na indeks
  • Vratte (papillomas)

    Van my koeie (vleisbeeste) se spene is met vratjies besmet. Ek het hulle met antibiotika ingespuit - 3 keer per week vir twee weke lank, maar dit het niks gehelp nie. Kan u my asseblief van raad voorsien. - Lourens Viljoen (ViljoeLJ@telkom.co.za). Kom vratte ook in ander diere voor?
    • Ore sweer

      Nadat die koei 'getag' is het die oor begin sweer. Behandeling het nie veel gehelp nie en die ander oor wat niks makeer het nie, begin nou ook sweer. Wat kan ons gebruik om dit te behandel asb.
      • Lam se ore het sere

        Ek het hulp nodig met sommige lammers se ore. Albei ore het rowe op en soms rooi wonde waar nie rowe is nie. Dit lyk bloot of dit die son is wat die ore stukkend brand. Wat sou die rede wees en wat kan ek daaraan doen.
        • Skaapram se oor geswel

          My skaapram se oor is dik opgeswel. By nadere ondersoek het ek gevind dat die oor vol bloederige vog is. Ek het dit gedreineer met 'n naald, maar die oor hou aan vog opbou. Wat veroorsaak die toestand en wat is die regte behandeling daarvoor? - Leonie (jakkelsdraf@telkomsa.net)
          • Vrot ore by skape

            Ek merk al my bok- skaaplammers met 'n plastiese skaapoorplaatjie. Ek vind dat die ore baie sweer en soms val die merker sommer uit. Ek sit die aanwender en plaatjies in 'n steriliseermiddel ná en voor elke gebruik. Ek was die oor skoon met 'n ontsmettingsmiddel voordat ek die plaatjie insit. Ek het ook al medisinale alkohol probeer om die oor eers skoon te maak. Wat doen ek verkeerd? Moet mens elke dag al die ore weer skoonmaak en as…