Oogsiektes

← Terug na indeks
  • Bloutong inenting en oogprobleme

    Kan bloutonginenting oogprobleme veroorsaak?
    • Seleksie vir ‘n siekteweerstandige skaapkudde

      Ek het ‘n probleem met vrotpootjie in my kudde. Is dit moontlik om te selekteer vir skape wat minder vatbaar is vir die kiem wat die probleem veroorsaak?
      • Ooginfeksie in lammetjies

        Ek het twee bok ooie wat elk tweelinge gelam het. Gister het ek hulle in die veld gaan haal om kraal toe te vat, toe sien ek een van die lammetjies se ogies is toe en sy kan nie sien nie.
        • Suffolkram blind binne 10 dae

          Ek het 'n Suffolkram wat binne 10 dae heel blind geraak het. Dit was net eers die een oog, maar nou is dit altwee. Daar is geen wasige laag oor die oog soos wat ek al by ander blinde diere gesien het nie. Die pupille is besonders groot. Baie groter as wat ek nog ooit gesien het.
          • Behandeling van oogprobleme wat nie wil opklaar nie in skape

            Ek het ‘n kroniese oogprobleem by skape wat net nie wil opklaar nie. Raad wat ek tot dusver gekry het is net tydelik van aard en dan begin die probleem weer na ‘n paar maande van voor af. Wat ek al probeer het, is: Verskeie oogsalfsoorte gebruik, skape inge?nt teen ensoötiese aborsie en “pink eye”, ten minste 3 keer vitamien A ingespuit, tenminste drie keer oogdruppels wat immunstimulant van DCA bevat in o? gesit. Dit alles het gehelp, maar net…
            • Skaapprobleme in die Oos-Kaap

              Ons boer in die Elandsrivier (tussen P.E en Humansdorp) Oos-Kaap area. Ons plaas is baie laag in 'n kom gele? en hartwater is 'n baie groot probleem. Ek het so 150 dorper ooie, 'n paar meatmaster ooie en dan 6 goeie meatmaster ramme. Elke Januarie/Februarie behandel ek my skape met Multivax. Ek sukkel geweldig met parasiete soos haarwurm en dan elke denkbare vorm van bosluisoordraagbare siektes, veral natuurlik hartwater. My skape het af en toe maagwerkings en dan het ek…