Mankheid

← Terug na indeks
  • Lammers verlam en gewrigte geswel

    • Seer voorkloue by bokram

      My ram se voor voete is net bokant die kloutjie gebars en geswel. Die area waar hulle loop is maar grasvlakte en hulle is nie blootgestel aan nattigheid nie. Wat kan ek hom gee? Die man loop moeilik. Dit het net skielik gebeur ek het niks verander nie.
      • Kloue wat bars

        Ons boer in die Suide van Namibië (sanderige omgewing) met Dorperskaap en verlede jaar na goeie reën het ons baie probleme met skaap gehad met seer kloue. Nou het dieselfde probleme weer begin opduik, maar die keer nog voordat hulle enigsins aan nat omstandigheide blootgestel was. Hoe kan ons die skaap se kloue dokter en waarmee? Wat kan dit veroorsaak? Is dit dalk ’n tekort of iets. Sommige kloue bars aan die kant oop ander sal bv.op die onderkant barsies…
        • Inkoördinasie, mankheid en verlamming in skape en bokke

          Uit ‘n groep van 40 bokke is daar 3 bokke wat sukkel met ’n kroniese probleem - dit lyk of die voorbene seer is (bene word op en af gelig, agterbene word onder lyf ingetrek om gewig vanaf voorbene af te laai en hul loop moeilik). Die bokke loop saam met skape. My gedagtes beweeg na 'n Chlamydophila (ensoötiese aborsie) infeksie wat die gewrigte affekteer. Enige ander gedagtes?