Lang onderbekke

← Terug na indeks
  • Skape met lang onderbekke

    Van tyd tot tyd kry ek dit dat van my ramme wat ek in die stal het en lank voer vir skoue en veilings begin om oor te byt (lang onderbek). Ramme kry volvoer met tef ad lib. 1.Wat veroorsaak dit? 2.Hoe kan dit voorkom word? 3.Kan dit herstel as ram op weiding loop? 4.Is die probleem oorerflik?