Lammervrektes

← Terug na indeks
  • Lammers is lam met en na geboorte

    Ek boer op `n plaas in die Sutherland-distrik. Ooie is besig om te lam en hier het al `n paar lammers aangekom wat heeltemal lam is as hulle gebore word. Hul koppe val van links na regs. Dan is daar ook dié wat op 10, 12 dae lam word en gladnie weer kan opstaan nie. Die ooie kry droë lusern en mielies en Molatek-lek. Gee gladnie hoendermis nie, glo nie daaraan nie. Wat kan die moontlike oorsaak wees?
    • Boklammers vrek

      Ons is nuut in die bok-ding en het nou ons eerste lamseisoen belewe. Ons het 4 boerbok-, 4 melkbokooie met ‘n boerbokram. Die ooie het almal mooi gelam, maar daar was onder die lammetjies sommige wat besonder swak was met geboorte, maar wat later reggekom het. Ons het hulle baie mooi versorg en gesorg dat almal baie bies kry. Die bokooie was ge?nt teen die basiese siektes wat ons hier rond van bewus is: Bloednier en gedoseer teen parasiete en…
      • Lammervrektes – 1

        Ek het so  paar maande terug met skape begin boer. Ek het 50 ooie vanaf Upington omgewing na Vryburg, NW, gebring. Alle ooie is nou swaardragtig en ‘n paar het al gelam. Al die lammers (5) is sover vrek. Van hulle het ‘n dag of twee geleef en het gesond voorgekom, maar dan is hulle vrek teen die volgende oggend.  Met aankoms op die plaas het ons vir bloednier gespuit, maar die spuit het ‘n sweer/infeksie veroorsaak in die boud…