Diarree

← Terug na indeks
  • Sarkosistose in skape

    Ek het ’n probleem met Sarcocystis in skape - karkasse wat afgekeur word. Watter karnivoor is mees waarskynlik die bron? Karoo area. Katte, honde, jakkalse, rooikat, groukat? Is dit moontlik om die spesifieke parasiete te identifiseer (deur toetse op siste in spiere?) om sodoende te weet watter dier verantwoordelik is? Dit kan miskien beheer makliker maak? In Australië/ Tasmanië blyk huiskatte die probleem in meeste gevalle te wees - is daar navorsing of data beskikbaar wat die situasie in RSA…
    • E.coli in diere

      Ek boer in Parys in die Vrystaat. Met my laaste 7 groepe lammers het ek erge E. coli onder hulle ondervind. Ek het al my krale ontsmet en omtrent enige medisyne wat daar is al probeer. Is daar regtig niks op die mark wat hierdie kiem kan doodmaak nie? Ek het nou onlangs van die lammers Onderstepoort toe gevat en wag nog vir hulle uitslae. Asseblief gee raad ek is moedeloos.
      • E.coli besmetting

        Ek boer by Brandvlei in die Noord-Kaap met Dorpers. Ons gemiddelde reënval is 125mm per jaar. In die laaste 8 jaar het E. coli begin om vrektes onder lammers van 2-3 weke oud te veroorsaak. Dit kom sporadies voor op verskillende plase en ook net by een of twee troppe per plaas en ook nie elke jaar nie. Hoe oorleef en versprei die E. coli-kiem? Kan kraaie dit versprei deur waters te besoedel?..... hier is die afgelope 10 jaar 'n…
        • Probiotika

          Ek het ’n mak dwergbok met absorpsie en verteringsprobleme soos deur die veearts gediagnoseer. Weens antibiotika en diarree behandeling toe sy klein was, sal probiotika haar moontlik nou tot voordeel wees. Ek weet nie watter probiotika produk om vir haar te gee nie? As u vir my moontlik name van produkte kan gee sal ek dit waardeer..
          • Kikoejoe as weiding vir skape

            Ek het al by 'n paar mense gehoor dat kikoejoeweiding hoë drakrag het vir skape en veral vir Meatmasters. Ek sal graag wil uitvind wat die waarheid agter hierdie stelling is.
            • Diarree en vrektes in boklammers

              Vraag: My 4 weke oue boklammers ontwikkel diarree. Wat kan die die oorsaak wees en wat kan ek doen om die diarree te stop. Groete, Rico Vraag: Ons het 3 maande gelede ‘n boerbokkudde van Graaff-Reinet uitgekoop en na ons plaas naby Delmas verskuif. Van die bokke was swaar dragtig en het in die laaste twee maande gelam. Ons het 60% van ons lammers verloor. Die bokkies kry ekstra melk waar nodig. Help asb. Jannes
              • Laksering

                Ons het bokke op ons plot. Ons een ram het gevrek van maagwerkings. Ons is nog baie onkundig met bokke. Ons wil weet wat ons bokke se mae laat werk en wat ons moet doen sodra ons sien die bok se maag begin werk. Is daar iets waarmee ons hulle kan spuit? ASB help! (njbresler@gmail.com)
                • Maagwerk by Boerboklammers

                  Ek is 'n nuwe en onkundige boerbokboer. Ek wil graag weet hoe vermy of help ek my nuwe boklammers wie se mae so vreeslik werk? Moet ek hulle weghou van hul ma's vir sekere tye van die dag en is daar iets wat ek vir hulle kan gee daarvoor? Dankie, Stephanie
                  • Lammers met maagwerkings

                    'n Leser vra wat hy kan gebruik vir sy lammers wat op groenveld wei en maagwerkings het. Een van ons kundiges gee raad.
                    • Lammerooie se mae werk

                      Wat kan ek gebruik vir lammerooie se mae wat werk? Hulle loop nie in groen voer nie en ek voer hulle tef en pille. - Rudi (rudi@freetrans.gov.za)