Algemeen

← Terug na indeks
  • Wetlike aspekte betreffende vleis van siek bees vir menslike gebruik

    Ek wil graag weet of ‘n mens ’n bees kan slag wat lamsiek het en of die vleis dan giftig is vir menslike gebruik?
    • Kitstoetse vir dieresiektes

      Daar is vandag heelwat kitstoetse beskikbaar om dieresiektes te identifiseer. Hoe moet sulke toetse beoordeel word?
      • Liggaamstemperatuurwisselling in diere

        Wat veroorsaak temperatuurstygings en dalings in boklammers? Boklam het temperatuur meestal 40,5°C plus. Wanneer die bokkie gespuit word, daal die temperatuur tot 38,7°C . Dan uit die bloute styg die temperatuur na 41°C en daal weer na 39,8°C toe. Party lammers het ‘n loperige maag. Wat kan die oorsaak wees?
        • Siektes en toestande wat kan voorkom by ‘n intensiewe skaapboerdery

          Ek wil graag meer uitvind oor die siektes waarvoor uitgekyk moet word by intensiewe skaapboerdery waar skape op groenvoer loop, sowel as by ooie wat op ‘n volvoerrantsoen aangehou word in kraaltoestande. Waar kan ek bykomende inligting hieroor verkry? Alle raad sal waardeer word, dankie!
          • Laminitis of bevangenheid

            Wat is laminitis en wat veroorsaak dit?
            • Diere deur weerlig doodgeslaan

              Hoe kan bepaal word dat diere weens weerlig dood is?
              • E.coli besmetting

                Ek boer by Brandvlei in die Noord-Kaap met Dorpers. Ons gemiddelde reënval is 125mm per jaar. In die laaste 8 jaar het E. coli begin om vrektes onder lammers van 2-3 weke oud te veroorsaak. Dit kom sporadies voor op verskillende plase en ook net by een of twee troppe per plaas en ook nie elke jaar nie. Hoe oorleef en versprei die E. coli-kiem? Kan kraaie dit versprei deur waters te besoedel?..... hier is die afgelope 10 jaar 'n…
                • Verkluiming van lammers

                  Sal 'n lam wat besig is om te vrek van verkluiming ‘n stadige of vinnige hartklop hê?
                  • Listeriose – gesig van skaap is verlam

                    Ek het al verskeie gevalle gehad waar Romagnolas se een kant van hulle gesig (kop) verlam raak. Dit raak later so erg dat die tong bly uithang, die oor hang en dit lyk asof die skaap beroerte gehad het. Hulle raak net erger en vrek dan.
                    • Kaarte van siektes wat voorkom

                      Hallo oom Faffa Waar kan ek die kaarte aflaai van siektes gerapporteer deur plaaslike veeartspraktyke. Groete Impi Brecher