Toediening van wurmmiddels

← Terug na indeks
  • Lammers is lam met en na geboorte

    Ek boer op `n plaas in die Sutherland-distrik. Ooie is besig om te lam en hier het al `n paar lammers aangekom wat heeltemal lam is as hulle gebore word. Hul koppe val van links na regs. Dan is daar ook dié wat op 10, 12 dae lam word en gladnie weer kan opstaan nie. Die ooie kry droë lusern en mielies en Molatek-lek. Gee gladnie hoendermis nie, glo nie daaraan nie. Wat kan die moontlike oorsaak wees?