Finansies

← Terug na indeks
  • Skaap- of speenkalf-afronding?

    Ek het die geleentheid om óf skaap óf kalwers af te rond. Watter een is meer ekonomies? Skaap kan ek nou aankoop en op mieliereste laat wei en 15kg optel en verkoop. Ek kry nog die wol by as bonus. Kalwers moet ek oor winter (op mieliereste) en dan op goeie groen gras laat afrond en 80kg laat optel en dan verkoop. Watter van die twee opsies gaan my die beste "return on investment" gee?
    • Winsgewende Dorperboerdery

      Ek is ‘n nuwe toetreder tot landbou en boer met Dorpers in die Aranos-omgewing in Namibi?. Ek het twee vrae: Is dit beter vanuit ‘n ekonomiese oogpunt om ooilammers terug te hou vir toekomstige aanteling of om ooie te koop as ‘n alternatief? Die tweede vraag is vanaf watter tand ooie moet ‘n mens versigtig wees vir aankope in terme van toekomstige aantal lammers ens. Ek kry die indruk dat boere in my omgewing hulle ouer ooie bemark vir aanteling…
      • Berekening van wins in die opsnytoets

        Wat is die bloktoets? Hoe bereken ek die wins op die agterkwart/faktor in die bloktoets as ek net ’n voorkwart of net ‘n agterkwart aankoop?
        • Skaapboerdery in Limpopo

          Ek wil graag met 'n skaapboerdery begin in die Limpopo gebied. Ek weet net nie of die distrik geskik is nie? Ek sal ook graag raad en advies in hierdie verband wil hê, siende dat dit 'n eerste vir my is.
          • Koop van veeplaas

            Ek het 'n belegger (nie 'n bank nie) wat bereid is om vir my geld te leen om 'n veeplaas te koop, asook berdryfskapitaal om vee aan te skaf. Die terugbetaal terme kan ek self bepaal, hetsy om die grond te huur vir 99 jaar, winsdeel / aandele of 'n vaste bedrag wat ek maandeliks/jaarliks terug betaal. Wat sal die beste en veiligste opsie vir my wees i.t.v die terugbetaling. Ek moet 'n besigheidsplan opstel van wat ek wil doen…
            • Raad vir deelboerdery

              Hello,ek kan grond met baie water naby,hier in die Suid Kaap gebruik om Kuilvoer mielies te plant.Daar is 'n hooflyn vanaf die rivier na die lande,maar geen pomp of krag nie.Ek sal dus skuifpype en laterale lyne moet verskaf.Ook moet ek 'n dieselaangedrewe pomp verskaf.Die grond is nou deels bewerk.So ek plant en doen al die verdere aksies.Ek verskaf die saad ,kunsmis,onkruiddoder en alle ander bewerkings/oes.Ek maak gebruik van No-till en plant net Round-up ready kultivars. Hoe kan ek en…
              • Water: Opsies om aan te lê

                Goeiedag. My familie het 112 hektaar grond. Ons het 2 hektaar water by 'n plaaslike waterskema gekoop. Die water moet egter nog aangelê word na die plaas toe. Dis egter oor 'n afstand van 5km. Die kwotasie vir die materiaal is al meer as wat ek tans kan bekostig. My vraag is: Is daar ander opsies beskibaar, as om die geld bv. by 'n instansie soos 'n bank te leen. Ek kan nie veel op die grond uitrig voor ek…
                • Begin boer: Hoe maak ek met admin?

                  Wat is die stappe wat moet geneem word om my klein nuwe boerdery aan die gang te kry, van 'n administratiewe oogpunt? Byvoorbeeld: 'n Boekhoustelsel, vir belasting registreer, arbeidpapiere en so aan?
                  • Ekonomiese eenheid

                    Ek besit 2754Ha in Colesberg.Watter plaasgrootte is 'n ekonomiese eenheid daar en waarmee sou ek kon boer om ekonomies te wees. Hoeveel gesinne sou 'n bestaan vanaf die grond kon maak
                    • Meatmasters – stoet of kommersieel

                      Ek het grond in die Prieska-, Douglasomgewing en wil graag met 200 Meatmasters begin boer. My vraag is wat die winsgewendste sal wees, stoet- of kommersi?le boerdery met die hoeveelheid skape?