Finansies

← Terug na indeks
  • Kleinboer wil meer skape koop

    Ek is 'n kleinboer en wil graag my skape uitbrei. Ongelukkig het ek geen sekutiteit om aan te bied. Wat ek wil weet is sal ek geholpe raak met 'n lening iewers. Ek is tot bereid om my eie skape as sekuriteit aan te bied asook die voertuie en toerusting. Ek verneem graag van julle 'n antwoord.
    • Bereken netto wins by speenkalwers

      Ek wil asseblief vastel wat is die netto wins per kommersiele koei in 'n speenkalf-produksiestelsel, of liewer wat is 'n ekonomiese eenheid kommersiele teelkoeie as ons aanvaar daar is geen skuld op grond of vee nie en dat die plaas beskik van kikuyu weiding en soetveld weiveld?
      • Inligting oor die mees ekonomiese boerderypraktyke op aangeplante weiding

        Ek boer hier in Stampriet, Namibië op 16 000 hektaar met 4 000 swartkop Dorpers en 400 koeie. Ek het 70 ha spilpunte opgesit en na baie somme het lusernverbouing na 'n te groot risiko gelyk en die toerusting sal my naby aan R4.5miljoen kos. Ek wil graag aangeplante weiding aanplant en dit is nou my vraag, speenkalwers of lammers of ooie. En ook watter tipe weiding, volgens GWK se produksiekoste gids lyk die speenkalwers na 'n goeie roep? Ek…
        • Verhoog wins van skaapboerdery

          Hoe kan wins uit skaapboerdery verhoog word sonder om nog grond by te koop?
          • Uitvoerpotensiaal van bokvleis

            Is daar ‘n verbod op die uitvoer van bokvleis?
            • Plaaskoop in ’n BK

              Wat is die redes waarom ’n plaas in ’n BK gekoop word?
              • Ekonomiese waarde van veldgetoetste ramme

                Wat is die ekonomiese waarde van veldgetoetste ramme?
                • Ekonomie van beesvoerkraal vs ooie met lammers

                  Waar kan ek die meeste geld maak? Voerkraal met 30 speenkalwers vs 150 ooie met lammers? Watter een is die beste/maklikste om te bestuur ?
                  • Huur vs koop van grond

                    Ek het u berig op die Landbou webtuiste rakende die beste beesboerdery gebied in die land gelees en dit baie insiggewend gevind. Ek stel belang om my besigheidsbelange uit te brei na boerdery en dus as ‘n beginner boer te begin. Ek sal graag ook u opinie wil hoor i.t.v. huur grond vs eie grond. Indien u my vrae kan beantwoord en raad gee of my dalk kan verwys sal dit hoog op prys gestel word.
                    • Loop markte vooruit

                      Met produksiekoste, soos voer- en oliepryse, wat bly styg, wat moet boere doen om te kan oorleef?