Bloednier

← Terug na indeks
  • Entstowwe wat geregistreer is vir skape en bokke

    Ek soek ‘n lys van entstowwe wat geregistreer is vir gebruik in skape en bokke.
    • Bestuur van skape tydens droogte

      Dit is baie droog by ons en die weiding skraps. ‘n Paar lammers het gevrek van bloednier op ‘n baie jong ouderdom. Wat moet ek doen?
      • Afronding van hamels

        Ek het hamels en wil hulle verkoop, maar ons veld was nie baie gunstig vanjaar nie. Ek wil hulle nou op hok sit en voer. Wat kan ek hulle voer? Ek het gedink aan dro? lusern en Eco Grasveldlek. Sal dit voldoende wees vir 'n maand voordat ek hulle verkoop? Hoop om gou van julle te hoor omdat ek einde Desember wil verkoop. Ons boer in Namibië naby Solitaire-omgewing.
        • Bloednierentstof vir lammers

          My ooie lam op groenvoer en die lammers het dadelik toegang tot kruipvoer (superlamkorrels). Ek spuit jaarliks teen bloednier. Op watter ouderdom moet ek die lammers teen bloednier spuit? - Gert Jacobsdal
          • Entstowwe – die soorte en hul werking

            Kan ek bloednier en bloutong entstof op dieselfde dag spuit of moet daar 'n sekere tyd verloop? Kan ek bloutong saam met ontwurmmiddel op dieselfde dag spuit maar met verskillende spuite?
            • Bloednier-inenting voor wurmdosering?

              Wat is die maksimum tydperk wat kan verloop tussen die inenting vir bloednier en voordat vir haarwurm gespuit kan word?
              • Ent teen bloednier

                Hoe gereeld moet hy teen bloednier ent, vra 'n leser.
                • Inenting – breë spektrum-entstof

                  Ek wil graag weet of daar breë spektrum-entstowwe beskikbaar is op die mark,waarmee jy skape en beeste kan ent teen die mees algemene siektes, soos bloednier, rooiwater, hartwater, lamsiekte en ander algemene siektes. Kan 'n mens ook beeste en bokke met dieselfde middels ontwurm? - Johann Nell (johann@gtss.co.za)