-
Ek het 'n ongelooflike mooi Merino-ooi wat die 20ste Mei 2016 ‘n tweeling gekry het. Toe ek die ooi op die volgende dag kyk vir melk en hoe die uier uitsien, het ek gevoel dat die uier groot en hard is. Veral aan die een kant kan ek letterlik die massa binne in die uier voel. Dit is nie mastitis nie. Ek het dit al vantevore gehad en weet hoe dit lyk. Uier is nie rooi of warm nie en…
-
Ek soek ‘n lys van entstowwe wat geregistreer is vir gebruik in skape en bokke.
-
Hoe aansteeklik is die bakterieë, wat absesse in diere veroorsaak, vir mens en dier?
-
'n Leser vra verskeie vrae oor Corynebacterium
-
Ek wil graag weet of daar breë spektrum-entstowwe beskikbaar is op die mark,waarmee jy skape en beeste kan ent teen die mees algemene siektes, soos bloednier, rooiwater, hartwater, lamsiekte en ander algemene siektes. Kan 'n mens ook beeste en bokke met dieselfde middels ontwurm? - Johann Nell (johann@gtss.co.za)