Myte

← Terug na indeks
  • Seleksie vir ‘n siekteweerstandige skaapkudde

    Ek het ‘n probleem met vrotpootjie in my kudde. Is dit moontlik om te selekteer vir skape wat minder vatbaar is vir die kiem wat die probleem veroorsaak?
    • Siektes en parasiete ingekoop in ‘n skaapkudde

      Ek het onlangs 10 nuwe skape in my kudde ingebring en nou het ek siektes wat ek nie voorheen gehad het nie. Watter siektes kan ek inkoop en wat staan my in die toekoms te doen om te keer dat dit nie weer gebeur nie?
      • Myte van huis- en plaasdiere – Skurfsiekte by boerbokke

        Ons merk die afgelope 6 maande dat boerbokke aangetas word deur vermoedelik 'n skurfmyt. Dit veroorsaak verharding van die vel en begin gewoonlik aan die onderkant van die pens. Die diere (klein en groot) raak treurig, wil nie wei nie en vrek dikwels sonder behandeling/byvoeding. Die boerdery is in die Suide van Namibie.Hoe raak mens ontslae van die myt in jou kudde en is daar behandeling vit aangetaste diere?
        • Skape se wol val uit

          Wat kan ek doen as my skape se wol op die kop en dan op die nek en rug uitval?
          • Dorpers verloor haar/wol

            Ek het Dorperooie gekoop wat hul hare begin verloor het. Ek het gedip asook ingespuit, soos voorgeskryf, met middels op die mark teen brandsiekte, maar geen reaksie gesien nie.
            • Boerbok-ooi se hare val uit

              Een van my swaar dragtige boerbok ooie se hare val uit - veral op die ore, nek en bene. Ek kan geen sere sien nie. Wat kan die oorsaak wees? - Donald Fraser (donaldf@nedbank.co.za)