Skaaprasse

← Terug na indeks
  • Boerdery met Dorpers

    Ek wil graag bietjie meer uitvind oor die rede waarom Dorpers meestal ekstensief aangehou word? Ek het ook gelees 10% van die voeding moet saans aan Dorpers voorsien word. Wat is belangrik om in te sluit by hierdie voeding?
    • Damara- vs Van Rooyramme vir kruisteling

      Ek boer met Dorperskape vanwaar ek speenlammers op 30 - 35 kg meestal aan private verbruikers bemark vir slagdoeleindes. Die probleem is dat ek Dorper- sowel as Damararamme op die ooie gebruik en vind dat die Damarakruis karkasse minder vet bevat, maar ligter uitslag. Ek het dus gewonder watter impak ‘n Van Rooyen ram in dieselfde opset sal hê? Sal ‘n Van Rooykruis ‘n maer (lean) karkas kan produseer sonder om gewig te verloor of sal dit andersom wees?
      • Merinolandskaap in warm gebiede

        Ek stel belang in die Landskaap, maar is nie seker of die ras goed sal aanpas in ons hitte hier by Keimoes naby Upington nie. Is daar enige boere wat die ras op ander warm plekke gebruik en is dit suksesvol?