Skaapboerdery

← Terug na indeks
  • Verhoog wins van skaapboerdery

    Hoe kan wins uit skaapboerdery verhoog word sonder om nog grond by te koop?
    • Skaapboerdery in die Oos-Kaap.

      Watter dele in die Oos-Kaap is geskik om 'n skaapboerery te begin? Of is dit meer sybokwêreld?
      • Skaapbedryf in Suid-Afrika

        Waar kan ek meer inligting oor die skaapbedryf in Suid-Afrika kry?
        • Riglyne vir skaapboerdery op aangeplante weiding

          Ek boer tussen Brits en Rustenburg en wil graag my skaapboerdery groter maak, maar het beperkte weiding. Wil graag uitvind of ek my skape op aangeplante weiding onder besproeiing kan laat wei en lam en die lammers saam met die ooie te laat loop tot slaggewig? Sal dit winsgewend wees en watse gras plant ek? Ek boer op die oomblik met swartkop dorpers. Kan ek hulle kruis met ’n vleisras en watse ras sal jy aanbeveel? Moet ek byvoeding by…
          • Intensiewe skaapboerdery om verliese te voorkom

            Weens probleme met diefstal en roofdiere is skaapboerdery op die tradisionele manier nie meer lewensvatbaar in ons omgewing nie. Ek ondersoek die moontlikheid van 'n intensiewe skaapboerdery, waar skape op stoor gehou en gevoer word. Watter voer sal die mees gepaste wees en hoeveel kilogram per dag sal 'n onderhoudsrantsoen per ooi/dragtige ooi/ooi met lam wees? Kan u moontlik enige probleme uitwys met so 'n stelsel?
            • Boerbok- en skaapboerdery op aangeplante weiding in Prieska-area

              Ek wil 10 ha in 'n drukkampstelsel vestig vir Boerbokke en skape. Ek het gehoor boere in die Prieska, Douglas omgewing beoefen die stelsel reeds. Ek wil graag met hulle kontak maak of met enige kundige wat kan raad gee. Dankie, Lourens Kotze, Vanrhynsdorp
              • Benodig raad vir skaapboerdery in Namakwaland

                Ek het 'n 170 ha plaas in Kamieskroon, Namakwaland. Ek het hulp en raad nodig aangesien ek redelik onkundig is met skaapboerdery (Swartkop Dorpers ) Daar is lupine en lusern gesaaides. Is die weiding genoegsaam? Wat kos hierdie voiding? As die gesaaide weiding uitgeput raak, kan ‘n mens seker voeding aankoop? Sal skaapboerdery dan nog betalend wees? Dit bring my dan nou by die volgende vraag... Hoeveel skaap kan ek aanhou per hektaar indien hul genoeg weiding het, hetsy gesaai…