Skaapboerdery

← Terug na indeks
  • Intensiewe lamstelsels: Wat sê die lammers?

    Eerstens wil ek dr. Philip Theunissen bedank vir sy artikel 'Ekstensief vs Intensief' in Landbouweekblad van 14 April 2017. Ek is nie 'n boer nie, maar lees die afgelope 4 jaar alles wat ek kan kry oor intensiewe skaapboerdery, en het selfs een van dr. Jasper Coetzee se kursusse bygewoon. Elke keer as ek 'n finansiële model bou vir 'n intensiewe boerdery loop ek myself vas in een of meer van die volgende; Swak winsgewendheid, ernstige kontantvloeiprobleme en/of 'n baie…
    • Skaapboerdery in die Duineveld

      Ek stel belang om ‘n plaas te koop in die Blombosomgewing naby Stilbaai. Die omgewing is met natuurlike fynbos begroei en is natuurlik sand/duineveld waarop baie dekriet groei. Ek wil graag skaap aanhou en op die oomblik is daar 100 skaap (wat byvoeding van mielies en sjokolade kry) op die plaas, maar nie genoeg om dit lewensvatbaar te maak nie. Daar is ongeveer 360 hektaar wat bewei kan word en daar is gras tussen die riet en fynbos wat die…
      • Siektes en toestande wat kan voorkom by ‘n intensiewe skaapboerdery

        Ek wil graag meer uitvind oor die siektes waarvoor uitgekyk moet word by intensiewe skaapboerdery waar skape op groenvoer loop, sowel as by ooie wat op ‘n volvoerrantsoen aangehou word in kraaltoestande. Waar kan ek bykomende inligting hieroor verkry? Alle raad sal waardeer word, dankie!
        • Inligting oor skaapboerdery in kraal

          Ek wil graag 'n veevertakking inbring in my boerdery om dit meer te diversifiseer. My opset is huidiglik as volg: Ons produseer ongeveer 300 ton lusern, 30 ton mielies en 15-20 ton mieliekaf. Na aanleiding van bogenoemde inligting sal ek die volgende wil weet: Sal ek skaap in kraalomstandighede kan aanhou en bogenoemde voer tesame met lekaanvulling vir diere kan gee? Watter ras sal die beste aangepas wees vir hierdie opset? Hoeveel ooie sal ek kan aanhou na aanleiding van…
          • Oorskakel van skape na beesboerdery

            Hello Wat is die beste manier om van skaapboerdery oor te skakel na beesboerdery,om nog steeds n konstante inkomste te kry?Ons grens aan natuurbewaring en sukkel met ongediertes,beeste kan dalk beter werk as daar n manier is om dit suksesvol oor te skakel. Het jy vir my raad of n website waar ek meer inligting kan kry? Groete Handrey
            • Boerdery met Dorpers

              Ek wil graag bietjie meer uitvind oor die rede waarom Dorpers meestal ekstensief aangehou word? Ek het ook gelees 10% van die voeding moet saans aan Dorpers voorsien word. Wat is belangrik om in te sluit by hierdie voeding?
              • Aangeplante weiding vir skape

                Geagte Dr. Hoffman,Laat my eers toe om die inligting the veskaf soos per u voorskrif. Die grond is gelee 10.2km (soos die kraai vlieg)oos van Cullinan (Ged 14 van Zonkolol 473JR.Die grond le 1502m bo seespieel teen 'n 25% helling en front Suid-Suid-Wes. Die grond is by 21ha groot met 18 ha sandleem Westleigh tipe wissel van 300-600mm diep tot die horison.Ongeveer 1.2ha is kleileem donker grys met hoe humis inhoud en 600mm plus diep. Behalwe vir laasgenoemde deel het…
                • Aantal ramme vir ooie

                  Ek gebruik ‘n dektydperk van 28 dae op my Dorperooie. Hulle word voorberei met koggelramme. Hoeveel ramme sal jul aanbeveel per 100 ooie en kan mens te " veel" ramme bysit?
                  • Merinolandskaap in warm gebiede

                    Ek stel belang in die Landskaap, maar is nie seker of die ras goed sal aanpas in ons hitte hier by Keimoes naby Upington nie. Is daar enige boere wat die ras op ander warm plekke gebruik en is dit suksesvol?