Ramme

← Terug na indeks
  • Vleis met ramsmaak

    Ek weet nie eintlik aan wie om die vraag te vra nie en hoop u kan my help? As ek van ramsmaak praat, verwys ek na die sterk onaangename smaak wat bokramme se vleis, veral bokramme, wat saam met ooie loop , het. In die varkbedryf praat hulle van “Boartaste” . Kapaters se vleis kry nie die smaak nie. Die vraag is nou: As ‘n mens ‘n ram kastreer, sal die ramsmaak mettertyd wegraak of nie? Indien wel, hoe lank…
    • Aantal ramme vir ooie

      Ek gebruik ‘n dektydperk van 28 dae op my Dorperooie. Hulle word voorberei met koggelramme. Hoeveel ramme sal jul aanbeveel per 100 ooie en kan mens te " veel" ramme bysit?
      • Ooie se voorkeur vir ‘n ram

        Kan iemand my asb. verduidelik hoe dit werk want ek dink my ooie se koppe raas? Ek het ‘n ram by hulle gesit om gedek te word, maar hulle wil niks van hom weet nie. As my ander ram naby is, vry hulle kliphard na hom deur die draad. Sou hulle ook dalk voorkeure hê oor wie die pa van hul kinders moet wees? Ek is baie moedeloos!
        • Koringkiemolie vir ramme voor paring

          Wat presies doen koringkiemolie aan die ram wanneer dié voor paring gedoseer word? Moet dit koringkiemolie wees of sal ander olies soos byvoorbeeld grondboonolie ook werk? Moet dit gedoseer word of kan dit in die voerrantsoen, wat die ramme voor paartyd ontvang, ingemeng word? Dankie. Peter
          • Ekonomiese waarde van veldgetoetste ramme

            Wat is die ekonomiese waarde van veldgetoetste ramme?
            • Ramkeuse vir vleisproduksie

              Ek woon in Cumberland op die Limpoporivier het tans Damara- en Dorperooie en soek `n goeie vleisrasram om by ooi te sit vir vinnige groei en om te kan slag vir die vleismark
              • Beduiwelde ram

                Hoekom raak 'n ram ewe skielik beduiweld? Ons het geen probleme gehad nie, maar nou wil hy almal stormloop. Hy stamp almal onderstebo en hy hou nie op nie.
                • Koste vir huur van ramme

                  Ek is van plan om die komende seisoen ramme van ’n buurman te huur. Is daar dalk n riglyn om te bepaal hoeveel ek moet betaal? Voorbeeld: 100 ooie @R20/kop? Die ramme is van goeie gehalte.
                  • Inenting van ramme

                    'n Leser vra raad oor die inenting van ramme en een van ons kundiges help.