Predasie

← Terug na indeks
  • Kraaie as predatore

    Dit is lamtyd, en die kraaie is ‘n geweldige probleem. Hulle pik die pasgebore lammers se oë uit en vreet aan die koppe. Reeds baie lammers so verloor. Vraag: Wat is die beste metode om kraaie te vang of uit te roei.
    • Skaaplammetjie se ore en kakebeen is gevreet

      Skaaplammetjie se ore en kakebeen is gevreet. Wat kan dit wees?
      • Bobbejane as predatore

        As jong boer wil ek vir julle ‘n vraag stel. Sal ‘n bobbejaan ‘n skaap dood byt en net die uier eet? Of watter ander roofdier maak so? Ek het die afgelope 6 dae 3 skape verloor. Die keel is gebyt soos ‘n kat sou, maar die tandmerke is groter as normaal. Net die uier van die skaap is weggeëet? Die ooie het ek ‘n week terug van die lammers af weggeneem. Ek vermoed dis ‘n jong bobbejaanmannetjie wat die…
        • Derms hang by skaaplam uit

          Ek het ‘n skaaplam in die veld gekry wie se derms aan ‘n tak vasgehaak het en letterlik uit die lam getrek is. Wat kan veroorsaak dat derms by die anus uitkom?
          • Donkies, lamas en alpakkas as skaapwagters

            Hoe effektief is donkies as skaapwagters?
            • Lam se kop afgevreet

              Ek het ‘n hanslam wie se kop afgevreet is en verder makeer hy niks. Dit is asof sy kop net afgeruk is. Watter dier sal dit doen?
              • Derms hang agter by anus van lammers uit

                By verskeie geleenthede moes lammers vankant gemaak word omdat hulle derms agter by hul anus uitgehang het. Die diere was egter nog lewendig. Is dit 'n ratel wat dit veroorsaak of wat?
                • Ratel wat skape vang

                  Daar is vermoedelik 'n ratel wat in my omgewing dragtige skape vang en stukke uit die skape vreet. Ek het opgelees oor die diere, maar kon nie inligting kry dat dit normale gedrag is nie.
                  • Kompetisie tussen boerbokke en beeste vir weiding

                    Watter mate van kompetisie vir weiding vind plaas tussen boerbokke en beeste? Ons omgewing het baie struike en bome. Hoe kwesbaar is boerbokke vir jakkalse, veral lammers? Is dit nodig om hul snags op kraal te sit?
                    • Roofdiere

                      Help asb, my Pediskape se lammers word in die slaapkampie gevang. Omstandighede van vangste: plek Swellendam, mistige nagte en naweke as ons nie tuis is nie. Die lammers se koppe is in meeste gevalle afgebyt en verslind, net fyn beentjiereste bly oor, word nie veel aan die lyf ge?et nie, net een is totaal opgevreet, maar meestal word net die kop en bietjie van blad en voorpootjies gevreet, nie interne organe nie. Kan nie dink dat rooikat so vreet nie,…