-
Ek boer al ongeveer 5 jaar met boerbokke. Die eerste 3 jaar het dit baie goed gegaan, maar ek sukkel van laas jaar af met ooie wat swak lammers gee en hul lammers weggooi. Selfs die sterk lammers word weggegooi. Na 2 weke in die lammerhok waar ons 4 tot 5 keer per dag die ooi vasmaak sodat lammers kan drink, wil hul nog steeds nie die lam vat nie. Ooie is in baie goeie kondisie, ek voer tef, armanslusern…
-
Haai Faffa. Een van jou antwoorde verwys na lam hok mates en hoe om hulle te bou, maar as ek op "click hier " click soos dit sê, gebeur niks nie. Waar kan ek die korrekte mates, instruksies oor hoe om hulle te bou en waarvan? asook foto's, kry. Sal dit waardeer as jy kan help. Kry nie veel op die internet nie. Groete Ronell Heydenrych
-
Kan u vir my inligting gee oor die watervoorsiening vir skape in lamhokke?
-
Ek het 'n klompie boerbokooie ingekoop wat reeds dragtig was en die begin nou lam in Juniemaand. In die laaste week van Meimaand met die twee koue fronte, is die temperature hier ook enkelsyfers. Ek het steengeboude lamhokke ten volle onderdak. Hier het 'n ooi gelam en die lammers was die dag na geboorte sterk en het goed gesuip, maar die volgende oggend is albei dood gevind (dus 36 uur na geboorte). Ek het reeds al die beskikbare artikels oor…
-
In jou antwoord oor die hoë voorkoms van hanslammers, noem jy geensins dat dit juis lamhokkies is wat vir jou 'n hoë persentasie van hanslammers kan gee nie en dat seleksie ook 'n baie belangrike rol speel? Wat is u kommentaar hierop?
-
Ek begin met boerbokke boer en wil weet hoe noodsaaklik dit is om pasgebore boklammers vir 'n tyd saam die ooi af te hok. Bokke word saans gekraal en almal lam in dieselfde tyd. Indien wel: 1. Speel die grootte van die kudde 'n rol? 2. Hoe groot spasie het 'n lam/ooi saans nodig? Hoeveel kan bymekaar gesit word of moet hul verkieslik enkel gehou word? 3. Indien hul bedags in kikoejoe kampe loop, hoeveel ooie/lammers in 'n kamp, in…
-
Hoe word lamhokke ontsmet?
-
'n Lid van ons gespreksforum wil meer weet oor die rol van lamhokke om sy speenpersentasie te verhoog. Dr. Jasper Coetzee beantwoord sy vraag.