Bokke

← Terug na indeks
  • Bestuur van melkbokke

    Donald Mouton was die bestuurder van die melkbokkudde by Fairview in die Kaap en ek het hom die volgende praktiese vrae gevra.
    • Boer in vennootskap met boerbokke

      Hoe boer mens in vennootskap met boerbokke?
      • Wil met boerbokke boer, in vennootskap

        Ek wil in 'n venootskap intree waar ons met boerbokke gaan boer. Die boerbokke gaan op my grond loop en ek en my vennoot gaan die boerbokke saam koop. (ons beplan n 50/50 vennootskap). Ons is opsoek na voorstelle vir 'n billike ooreenkoms waar ek onkostes spaar of vergoed word vir die feit dat die bokke op my grond gaan loop, sonder om die vennootskap nie die moeite werd te maak nie. Moontlik moet my vennoot die ekstra doserings- en…
        • Boerbokooie gooi lammers weg

          Ek boer al ongeveer 5 jaar met boerbokke. Die eerste 3 jaar het dit baie goed gegaan, maar ek sukkel van laas jaar af met ooie wat swak lammers gee en hul lammers weggooi. Selfs die sterk lammers word weggegooi. Na 2 weke in die lammerhok waar ons 4 tot 5 keer per dag die ooi vasmaak sodat lammers kan drink, wil hul nog steeds nie die lam vat nie. Ooie is in baie goeie kondisie, ek voer tef, armanslusern…
          • Elektroniese handboek oor bokboerdery

            Waar kan ek meer inligting oor bokboerdery kry?
            • Bemarking van bok- en wildsvleis

              Ek wil graag weet waarom ek inheemse bokke op plase sien, maar net skaap-en beesvleis in die winkels op die rak te koop kry. Waar word die bokke se vleis dan verkoop? In Botswana, soos in Ghanzi weet ek mens kan bokvleis koop, maar ek sien dit nêrens in Suid-Afrika of Namibië nie.
              • Inligting oor Boerbokke

                Waar kan ek meer inligting oor Boerbokke kry?
                • Oorplaatjies en identifisering van Boerbokke

                  Graag wil ek weet waar word oorplaatjies in bokke se ore geplaas? Wat word gewoonlik op die oorplaatjie geskryf?
                  • Uitvoerpotensiaal van bokvleis

                    Is daar ‘n verbod op die uitvoer van bokvleis?
                    • Voorbereiding van Boerbokke vir skou

                      Daar is gedurig nuwe jong bokboere wat die skouring betree en een van die eerste vrae wat hulle vra is, hoe gaan ek te werk om my diere voor te berei vir ‘n skou? Lucas Burger, ‘n wel bekende boerbokboer, met baie jare se ondervinding, het vir ons die volgende riglyne saamgestel in die Boerbok Joernaal van 2005.