Boerderypraktyke

← Terug na indeks
  • Boer in vennootskap met boerbokke

    Hoe boer mens in vennootskap met boerbokke?
    • Intensiewe lamstelsels: Wat sê die lammers?

      Eerstens wil ek dr. Philip Theunissen bedank vir sy artikel 'Ekstensief vs Intensief' in Landbouweekblad van 14 April 2017. Ek is nie 'n boer nie, maar lees die afgelope 4 jaar alles wat ek kan kry oor intensiewe skaapboerdery, en het selfs een van dr. Jasper Coetzee se kursusse bygewoon. Elke keer as ek 'n finansiële model bou vir 'n intensiewe boerdery loop ek myself vas in een of meer van die volgende; Swak winsgewendheid, ernstige kontantvloeiprobleme en/of 'n baie…
      • Aangeplante weiding sonder besproeiing vir intensiewe skaapboerdery op die Hoëveld

        Ek het begin met intensiewe skaapboerdery op 15ha naby Meyerton in die Vaalddriehoek. Ek wil weiding aanplant vir die skape om op te wei asook om hooi te maak vir die winter. Ek het nie genoeg water om te besproei nie. Is Eragrostis ‘n goeie kultivar om aan te plant of sou u iets anders aanbeveel? My plan is om mielies en ander bestanddele vir byvoeding aan te koop.
        • Watse skaap ras? Volksrust-omgewing

          Goeie dag, watse skape sal die beste gepas wees vir volksrust, mpumalanga omgewing, wat redelik baie wol het, maar ook goeie uitslag sal lewer? Ek wil spekuleer, en lammers koop, voer en weer verkoop, het u enige raad?
          • Wil boer: Stoetery vs. kommersiële skape?

            Eeerstens baie dankie vir u ondersteuning en kundige raad. Eks 'n jong boer naby Ermelo. Ek wil met skape weer begin boer. As kind het ons komersiele vleis merinos gehad en gestop weens Jakkals, siektes en diefstal. Ek wil graag weer begin en die intensiewe stelsel van dr. Karin wessels naby Frankfort se stelsel volg. Maar die vraag is moet ek vir stoet of komersiele skaap kyk om aan te koop? Ek weet te min van die stoet wêreld raakende…
            • Winsgewendheid van speenlam- teenoor vetlamproduksie

              Is die winsgrens wat 'n kleinboer maak op vetlammers van 45-48kg groot genoeg om die risikos van mortaliteit en vertraagde groei hoog genoeg om 'n volhoubare salaris daaruit te trek of is dit better om speenlammers te verkoop en te spaar op voer en risiko.
              • Vroegspeen van lammers en speenskok

                Ek is opsoek na ‘n program vir die bestuur van vroegspeen van skaaplammers in droogte tye.
                • Siektes en toestande wat kan voorkom by ‘n intensiewe skaapboerdery

                  Ek wil graag meer uitvind oor die siektes waarvoor uitgekyk moet word by intensiewe skaapboerdery waar skape op groenvoer loop, sowel as by ooie wat op ‘n volvoerrantsoen aangehou word in kraaltoestande. Waar kan ek bykomende inligting hieroor verkry? Alle raad sal waardeer word, dankie!
                  • Intensiewe skaapboerdery met groenvoer

                    Daar word baie gepraat oor die waarde van groenvoer in skaapboerdery. Is daar dalk verdere praktiese bewyse vir hierdie tipe boerdery?
                    • Lam- of ooilamboerdery

                      Eerstens wil ek dankie sê vir wonderlike raad en advies van al die kenners. Ek huur 562 ha by my pa naby Niekerkshoop. Ek betaal R64/ha/jr. (1) is dit meer winsgewind om “backgrounding” te doen met dorper-, merino- of boerboklammers as gewone ooi-, lamboerdery? Ongediertes is bedags net so ‘n groot probleem as snags. (2) Wat is die moontlikheid dat ongeskeerde merinolammers sal vassit in ons digte swarthaakbome? Dorpers ondervind tans geen probleem. (3) Om die voerkoste te spaar en…