Voerkrale

← Terug na indeks
  • Intensiewe skaapboerdery

    Aangesien ek 'n totale leek is, wil ek meer weet van intensiewe skaapboedery. Is daar ,n A tot Z vir skaapboerdery wat alles insluit as 'n boek beskikbaar? Baie dankie Deon Rentzke
    • Watse skaap ras? Volksrust-omgewing

      Goeie dag, watse skape sal die beste gepas wees vir volksrust, mpumalanga omgewing, wat redelik baie wol het, maar ook goeie uitslag sal lewer? Ek wil spekuleer, en lammers koop, voer en weer verkoop, het u enige raad?
      • Koop plaas met voerkraal vir skape

        Ons koop 'n plaas met skaapvoerkrale op. Ons wil net graag weet ons produseer ons eie lusern en mielies wat ons kan gebruik vir voer? 1. Wat sal jy aanbeveel, moet ons aangaan met voerkraal? 2. Moet ons aangeplante weiding doen? Ons beoog om met 1 200 ooie te boer in die Barkley-Wes omgewing. Sal bly wees as jy ons met raad kan bedien.
        • Winsgewendheid om lammers te voer

          Ek voer bykans 500 lammers gelyktydig in ‘n kraal. My voer kos my R3000 per ton dus R3 per gram. Lammers eet 2 kg per dag. Hulle groei 300 gram per dag. Koop prys R 30 per kg. Verkoop teen R55 per kg geslag. Uitslagpersentasie 45% droë gewig. Ons gee ‘n Ralgrostimulant en bloednierinspuiting. Salarisse en ander kostes R5 000 per maand. Ons voer tussen 30 -45 dae afhangend van aanvangsmassa. Ons lewer lammers nie volgens spesifieke hoeveelheid per week…
          • Inligting oor skaapboerdery in kraal

            Ek wil graag 'n veevertakking inbring in my boerdery om dit meer te diversifiseer. My opset is huidiglik as volg: Ons produseer ongeveer 300 ton lusern, 30 ton mielies en 15-20 ton mieliekaf. Na aanleiding van bogenoemde inligting sal ek die volgende wil weet: Sal ek skaap in kraalomstandighede kan aanhou en bogenoemde voer tesame met lekaanvulling vir diere kan gee? Watter ras sal die beste aangepas wees vir hierdie opset? Hoeveel ooie sal ek kan aanhou na aanleiding van…
            • Ideale slaggewig vir lammers

              Wat is die ideale slaggewig vir lammers?
              • Finansiering vir voerkraal vir skape

                Ek is op die punt om met `n skaap voerkraal te begin, al my beplanning is al amper gedoen maar daar is nog een ding wat in alles se pad staan en dit is finansiering. Ek besef ek sal sekuriteit moet gee, maar wat is die kans om finansiering te kry vir so iets, die banke is maar skrikkerig vir `n skaap sover ek weet. Dit sal `n tipe van `n overdraft/wentelkrediet moet wees. Waar kan ek meer inligting kry…
                • Omgewingsbestuur van voerkrale

                  Ek het 'n voerkraal en soek raad oor die skoonmaak van die krale nadat die beeste uit is. Ek weet dat die krale geskraap en skoongemaak moet word, maar hoe gemaak met die parasiete ens. wat agter bly? Is daar chemikalieë wat ek kan gebruik om die kraal te steriliseer en is dit so dat gewone kalk sal help?
                  • Bokvoerkrale

                    Is daar inligting rondom bokvoerkrale beskikbaar?
                    • Voerkraal vs weimielies

                      Veronderstel ek het 200 lammers. 100 Lammers voer ek in ‘n voerkraal en 100 lammers sit ek op weimielies. As die twee met mekaar vergelyk word watter een is die winsgewendste? Werk asb. met die volgende gegewens: Mielieproduksiekostes R5000/Ha Stoorlamprys R21.50/kg Slagprys R44/kg Begingewig 30kg Eindgewig 53kg