Voeding

← Terug na indeks
  • Wil met boerbokke boer, in vennootskap

    Ek wil in 'n venootskap intree waar ons met boerbokke gaan boer. Die boerbokke gaan op my grond loop en ek en my vennoot gaan die boerbokke saam koop. (ons beplan n 50/50 vennootskap). Ons is opsoek na voorstelle vir 'n billike ooreenkoms waar ek onkostes spaar of vergoed word vir die feit dat die bokke op my grond gaan loop, sonder om die vennootskap nie die moeite werd te maak nie. Moontlik moet my vennoot die ekstra doserings- en…
    • Stoekmielies as voer vir skape en beeste

      Ek het mielies geplant en soek meer inligting. Wat is die beste tyd om mielies te sny en te stoek om die beste voedingswaarde te kry? Wat is die voedingswaarde van stoekmielies en watter opbrengs kan ek per hektaar verwag? Kan jy asb. ‘n voersamestelling wat stoekmielies bevat om bulkalwers en lammers mee te voer?
      • Alternatiewe vir mielies in skaapvoeding

        Met die mielieprys wat dreig om al hoe hoër te word, sal ons dit nog kan bekostig om ons skape teen die huidige vleispryse te kan voer? Wat kan ons as alternatiewe byvoeding gebruik?
        • Inligting oor skaapboerdery in kraal

          Ek wil graag 'n veevertakking inbring in my boerdery om dit meer te diversifiseer. My opset is huidiglik as volg: Ons produseer ongeveer 300 ton lusern, 30 ton mielies en 15-20 ton mieliekaf. Na aanleiding van bogenoemde inligting sal ek die volgende wil weet: Sal ek skaap in kraalomstandighede kan aanhou en bogenoemde voer tesame met lekaanvulling vir diere kan gee? Watter ras sal die beste aangepas wees vir hierdie opset? Hoeveel ooie sal ek kan aanhou na aanleiding van…
          • Grondboontjiereste in ‘n voermengsel vir skape

            Kan ek fyngemaalde grondboontjiereste gebruik as chop vir skaapvoer en indien wel, wat is die voedingswaarde en wat moet ek gebruik in ‘n 40kg mengsel?
            • Maxiwol saam met groenvoer

              Ek het n Bioboost-groenvoerkas waar ek gars gebruik as groenvoer. Is dit die beste of kan ek mielies bysit? Ek kerf dit saam met droë lusern. Kan ek dan veekos lammerooipille bysit vir deurvloei protein of Voermol Maxiwol pille. Ek wil die lammers sterk maak voor hulle uitgesit word in die veld. Elke ooi is in ‘n enkel hok en die voer kan presies gevoer word. Die koste moet ook in ag geneem word.
              • Ideale slaggewig vir lammers

                Wat is die ideale slaggewig vir lammers?
                • Aangeplante weiding in Noordwes

                  Ek het 2 hektaar weiding onder besproeiing. Ek wil kalwers en lammers afrond. Wat is die beste grasse om aan te plant? Ek ook 100 hektaar droëland bloubuffel? Ek is in die Ottosdal omgewing in Noordwes. Baie dankie.
                  • Voerkrip teenoor selfvoerder in skaapvoerkraal

                    Indien ek ‘n skaapvoerkraal het, wat werk die beste: ’ n voerkrip waar ek 2 tot 3 keer per dag kos uitgooi of ‘n selfvoerder waar ek hom volmaak, maar ook 2 tot 3 keer ‘n dag gaan kyk sodat die voer nie "brug" nie? Ek het met min arbeiders.