Lammers

← Terug na indeks
  • Rantsoene vir lammers en kalwers wat sojaboonplante, mielies en oulandsgras bevat

    Kan u asb vir my raad gee vir ‘n mengsel om lammers mee af te rond, ek het: Sojaboonbale (hele plant met blare en peule), Mielies, Oulandsgras bale Ook asb. produksielek vir speenkallers met bg. as beskikbaar
    • Wil met boerbokke boer, in vennootskap

      Ek wil in 'n venootskap intree waar ons met boerbokke gaan boer. Die boerbokke gaan op my grond loop en ek en my vennoot gaan die boerbokke saam koop. (ons beplan n 50/50 vennootskap). Ons is opsoek na voorstelle vir 'n billike ooreenkoms waar ek onkostes spaar of vergoed word vir die feit dat die bokke op my grond gaan loop, sonder om die vennootskap nie die moeite werd te maak nie. Moontlik moet my vennoot die ekstra doserings- en…
      • Boerdery met lammers of ooie in ‘n voerkraal

        Ek wil graag weet of dit winsgewend sal wees om ooie (swartkop Dorpers) aan te hou in ’n voerkraal om lammers te produseer? Of sal dit meer winsgewend wees om lammers aan te koop en af te rond. Ek kan 'n redelike hoeveelheid mielies produseer, lusern teen billike pryse aankoop, en sodoende my eie voer redelik goedkoop meng.
        • Stoekmielies as voer vir skape en beeste

          Ek het mielies geplant en soek meer inligting. Wat is die beste tyd om mielies te sny en te stoek om die beste voedingswaarde te kry? Wat is die voedingswaarde van stoekmielies en watter opbrengs kan ek per hektaar verwag? Kan jy asb. ‘n voersamestelling wat stoekmielies bevat om bulkalwers en lammers mee te voer?
          • Groeibevorderaars vir skape en bokke

            Ek wil graag weet wat die wette oor hormoonbehandeling in diere in Suid-Afrika is en dan spesifiek vir beeste en boerbokke? Ek weet daar is Ralgro vir skape, kan mens dit vir bokke gebruik? Wat sal die uitwerking wees op kapaters en ooitjies?
            • Alternatiewe vir mielies in skaapvoeding

              Met die mielieprys wat dreig om al hoe hoër te word, sal ons dit nog kan bekostig om ons skape teen die huidige vleispryse te kan voer? Wat kan ons as alternatiewe byvoeding gebruik?
              • Winsgewendheid om lammers te voer

                Ek voer bykans 500 lammers gelyktydig in ‘n kraal. My voer kos my R3000 per ton dus R3 per gram. Lammers eet 2 kg per dag. Hulle groei 300 gram per dag. Koop prys R 30 per kg. Verkoop teen R55 per kg geslag. Uitslagpersentasie 45% droë gewig. Ons gee ‘n Ralgrostimulant en bloednierinspuiting. Salarisse en ander kostes R5 000 per maand. Ons voer tussen 30 -45 dae afhangend van aanvangsmassa. Ons lewer lammers nie volgens spesifieke hoeveelheid per week…